Old House Lodge
- Kapasiteit: 16 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Voortrekkerstraat 31, Beaufort-Wes, 6970, Wes-Kaap
- Vanaf R950 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Old House is in die hartjie van Beaufort-Wes geleë en is 'n egte Karoo-huis wat goed in stand gehou is en uit die vroeë 1900's dateer. Dit bied 'n rustige, ouwêreldse bekoring en ons verwelkom gaste met gesellige Karoo-gasvryheid. Ons mik om jou verblyf in Beaufort-Wes 'n aangename en onvergeetlike ervaring te maak.
Verblyf is beskikbaar in 8 kamers, ideaal vir sakereisigers sowel as toeriste. Die kamers is toegerus met ekstra-lang koningingrootte-beddens of 2 enkelbeddens met gehaltelinne en met 'n en suite-badkamer. Handdoeke, sjampoe, seep en room word voorsien vir die duur van jou verblyf. Ander geriewe in elke kamer sluit lugversorging, 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale, gratis WiFi-toegang, 'n kluis, yskassie, koffie- en teemaakgeriewe en komplimentêre beskuit in. Daar is kaggels in die gebou, ideaal vir kouer winteraande.
Ander geriewe en dienste sluit kredietkaartgeriewe, 'n wasgoeddiens indien nodig en veilige parkeerplek in. Gaste het ook toegang tot 'n laventeltuin, braaigeriewe en 'n plonspoel.
Net suid van Beaufort-Wes is die Karoo Nasionale Park, wat strek tot in die Nuweveldbergreeks. Daar is 'n verskeidenheid wild, insluitend van Suid-Afrika se mees bedreigde spesies, hier te sien. Die rivierkonyn en die swart renoster is suksesvol hier hervestig. Die park is ook die tuiste van 5 skilpadspesies, die meeste van enige bewarea in die wêreld. 'n Fossiel-wandelroete, dag-staproetes en wandelpaadjies verseker 'n oorvloed doendinge en besienswaardighede. Die park het 'n uitdagende 4x4-roete in die berge. Die Karoo is 'n uiters gewilde bestemming vir natuurliefhebbers, fietsryers en gholf-entoesiaste.
Beaufort-Wes is ook die tuisdorp van die bekende Suid-Afrikaanse hartsjirurg, Dr Chris Barnard. Hy het die eerste hartoorplanting in die wêreld gedoen. Hy word vereer in Beaufort-Wes met die Dr Chris Barnard Museum.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Restaurant op Perseel
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Wynproe
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete
- Aandete Op Versoek
- Middagete
- Etes Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.4/5
Melaine Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 79
Op LekkeSlaap 14 jaar
Ligging
- Voortrekkerstraat 31, Beaufort-Wes, 6970, Wes-Kaap
- Gaste dink Old House Lodge het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Beaufort-Wes Karoo Wes-Kaap
- Kapasiteit: 16 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Voortrekkerstraat 31, Beaufort-Wes, 6970, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang