Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Olijvenhuis

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 11 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hopewellweg, Suid-Lemoenfontein, Beaufort-Wes, 6970, Wes-Kaap
  • Vanaf R600 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Olijvenhuis is op 'n plaas 5 km buite Beaufort-Wes geleë en bied ruim verblyf wat ideaal is vir gesinne. Dit dien ook as die ideale oornagverblyf.

Die 2 kothuise word deur olyfboorde omring en is volledig toegerus met slaapplek vir tot 6 gaste. Die ruim gesinskamer het 'n dubbelbed en 2 enkelbeddens, klerekas, haardroër, waaier, elektriese komberse, verwarmer, wit linne en handdoeke. Die badkamer het 'n stort, wasbak en toilet. Daar is ook 'n aparte gaste-toilet.

Die oopplan-leefarea het gemaklike sitplek, 'n dagbed en 'n enkelbed vir 2 gaste. Daar is 'n TV met DStv-kanale, asook lugversorging en 'n waaier.

Die kombuis is toegerus met 'n mikrogolf, yskas, koffie- en teemaakgeriewe, eetgerei en breekware.

Die leefarea het 'n binnebraai wat ook as 'n kaggel kan dien. Daar is 'n etenstafel met sitplek vir 6 gaste.

Daar is ook 'n kuierarea buite met 'n boma en sitplek vir 10 gaste. Verder is daar 'n groot buitebraai en braairoosters word voorsien. Potjiekospotte is te huur.

Daar is ondedakparkeerplek langs die huis beskikbaar, asook oorgenoeg oop parkeerplek.

Olijvenhuis het panoramiese uitsigte op die reusagtige Muweveldberg wat voorheen die San se tuiste was. Sterrekyk is ook gewild.

Beaufort-Wes bied die Chris Barnard Museum en verskeie historiese geboue. Donkiekarritte kan op versoek gereël word en daar is ook verskeie winkels en restaurante.

Die omliggende omgewing bied unieke eko-toerisme wat verskeie voetslaan-, fietsry- en 4x4-roetes insluit. Die Karoo Nasionale Park is net buite die dorp en bied wildritte en die geleentheid om verskeie wild te sien. Dié park is ook'n veilige hawe vir die bedreigde swart renoster.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Braaiplek
  • Portier
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Tee

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • DVD-speler
  • Televisie
  • Plek vir tot 10 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.2/ 5

Gebaseer op 252 resensies

Baie goed

Netheid
4.0
Ligging
4.2
Waarde vir geld
4.2
Diens
4.2
Veiligheid
4.4
Gaste se hoogtepunte
Liezel Bester B
Gesin met klein kinders
5.0
Lieflike oornag plek home away from home. Baie mooi plekkie. Ruim, netjies en pragtig ingerig. Gesin met kinders sal lekker bly as 'n oornag plek. Oor...
Sien meer
Nov 2024
Peter R
Saam met lewensmaat
5.0
Wouter is 'n vriendelike gasheer, en Olijvenhuis bied die perfekte Karoo huisie. Wouter het ons tuis laat voel en nie omgegee om by ons reëlings aan t...
Sien meer
Okt 2024
Karen V
Gesin met klein kinders
5.0
Ons het die rustige atmosfeer baie geniet. Ons sal vir seker weer en weer gaan bly. Ons het onverwags nog familie gaan wys waar ons tuis is en hulle o...
Sien meer
Apr 2024
Hanlea M
Gesin met tieners
5.0
'n Besonderse plaaservaring. Ons het baie lekker gebly, dis 'n huis met ouwereldse sjarme, die sementvloere, rietplafon en meubels dra by tot 'n ware ...
Sien meer
Mrt 2024
Leana J
Gesin met klein kinders
5.0
Awesome stay will definitely stay there again. Awesome stay, clean, quiet, safe and private. The children had enough safe space to play...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mrt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.2/5

Wouter Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 252

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Hopewellweg, Suid-Lemoenfontein, Beaufort-Wes, 6970, Wes-Kaap
  • Gaste dink Olijvenhuis het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 600
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 600
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 11 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hopewellweg, Suid-Lemoenfontein, Beaufort-Wes, 6970, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDVjZTMwM2U1LTAzNzUtNDg0Yy05YWQ4LTM0NDhkYTBiYjFhNQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R600 per nag, vir 2 mense 252 5 1 5 Hopewell Road Suid-Lemoenfontein 6970 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -32.341833333333 22.631297222222

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang