OppiePlaas Country Cottage & Hadada Studio
Kry 30% af vir verblyf wat 30 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Mtwentwe Plaas, Haga Haga, 5272, Oos-Kaap
-
Vanaf
R1 300R910 per nag (plek vir 2) -
TGCSA-gradering:
Beskrywing
OppiePlaas Cottage by the pond & Hadeda Studio is op 'n werkende bees- en skaapplaas langs die gewilde Oos-Kaapse Wildekus geleë. Dit is net 2 km vanaf die gewilde Haga Haga-vakansiedorp en 65 km vanaf Oos-Londen.
Verblyf is beskikbaar in 2 selfsorg eenhede en 2 B&B-kamers.
Die Cottage on the Pond is 'n vrystaande selfsorg-tuinkothuis met uitsigte oor die plaasdam. Dit beskik oor 2 slaapkamers, 'n badkamer, 'n sit- en eet area en 'n kombuis. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n lessenaar, en die tweede, kleiner slaapkamer het 'n stapelbed vir kinders onder 12 jaar. Die badkamer het 'n toilet, wasbak en 'n stort. Dié eenheid het 'n goed toegeruste kombuis en privaat braaigeriewe.
Hadeda Self-Catering Studio is 'n moderne oopplan-woonstel met slaapplek vir 3 en beskik oor 'n slaapkamer, 'n badkamer, 'n sitarea, 'n kombuis, 'n eetarea en 'n privaat stoep met uitsigte oor die wildplaas en die see. Die slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die leefarea het 'n slaapbank vir 'n derde persoon. Dié eenheid het 'n goed toegeruste kombuis en bied toegang tot 'n privaat stoep met braaigeriewe. Hierdie eenheid is rolstoelvriendelik.
Die B&B-kamers het elk 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer. Die B&B-kamers is in die plaashuis geleë en beskik oor privaat ingange, stoepe en panoramiese uitsigte oor die wildplaas en die see.
Gaste het toegang tot 'n klein swembad, 'n plaasrestaurant en 'n gelisensieerde kroeg op die perseel. Gratis WiFi is by die restaurant, in Hadeda Studio en in OppiePlaas Country Cottage beskikbaar. Die restaurant en stoeparea het rugsteunkrag in die vorm van 'n kragopwekker wat die ligte, platskerm-TV en klankstelsel sal aanhou. Die restaurant bied 'n beperkte spyskaart tydens beurtkrag. Die eenhede het noodligte en klein gas- en sonkragligte word voorsien. DStv is in die kothuis en restaurant beskikbaar. Daar is Netflix in die Hadada Studio en in die B&B-kamers.
Die plaas het 'n stap- en bergfietsroete met see- en landskapuitsigte. Visvang is in die dam naby die plaas beskikbaar. Die plaas is 2 km vanaf die gewilde Haga Haga-strandoord met swemstrande, 'n strandmeer en rots- en strandvisvangplekke. Oos-Londen is 65 km vanaf die plaas en ander gewilde strandoorde soos Chintsa-Wes, Keimond en Gxarha (Morgansbaai) is net 45 km ver.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Erna Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 20
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Mtwentwe Plaas, Haga Haga, 5272, Oos-Kaap
- Gaste dink OppiePlaas Country Cottage & Hadada Studio het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 10 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Mtwentwe Plaas, Haga Haga, 5272, Oos-Kaap
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang