Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Orangeview River Getaways

Selfsorg

Kliek op enige tarief om 'n meer volledige prysberekening te sien.

Prys sluit in
Fish Eagle Kothuis
Gedeelde selfsorg
Hammerkop Nest
Gedeelde selfsorg
Chat's Rock
Gedeelde selfsorg
Huisreëls

- Gaste sal die volledige bepalings en voorwaardes wat deur die instansie uiteengesit is moet aanvaar wanneer hulle bespreek.
- Ongelukkig word troeteldiere nie toegelaat nie.
- Die kothuise het nie TV's nie.
- 'n Skoonmaakdiens kan op versoek teen ekstra koste gereël word.
- Daar is nie baie goeie selfoonsein nie. Dit hang van die verskaffer af.
- Hammerkop Nest word via trappe bereik en mag dalk nie geskik wees vir jong kinders, bejaardes of gaste met gestremdhede nie.
- Hammerkop Nest en Chat's Rock deel 'n gemeenskaplike kombuis wat onder Hammerkop geleë is.
- Die eienaar woon op die perseel, maar gaste sal privaatheid hê.
- Drinkwater word voorsien aangesien al die water, ook dié wat uit die krane kom, 'n gefiltreerde rivierwater is. Dit word aanbeveel dat gaste met 'n baie keurige palet vir water, liefs hul eie drinkwater saambring.
- 'n Organiese septiesetenkstelsel word gebruik. Moet asb. nie enige vreemde voorwerpe, chemikalieë of 'n groot hoeveelheid toiletpapier op een slag in die toilet afspoel nie.
- Rook is verbode in die kothuise.
- Gaste kan op 'n vang-en-vrylaat-basis hengel.
- Doen asb. navraag oor voetslaan-, stap- en selfsry-roetes.
- Klein vure moet asb. tot 'n minimum beperk word en in 'n veilige area, weg van vlambare materiale, bosse, riete of gras aangesteek word. Vreugdevure word nie toegelaat nie.
- Kinders moet te alle tye onder toesig wees en toesighouers moet die nodige voorsorg tref vir hulle veiligheid.
- Wees asb. ekstra versigtig wanneer jy die kamp verlaat, veral wanneer jy na die rivier toe gaan, aangesien dit op die oppervlak baie rustig mag voorkom en tog baie sterk en onvoorspelbare strome kan hê.
- Alle vullis, insluitend sigaretstompies en gebruikte aas, moet in die dromme wat voorsien word geplaas word.
- Onthou dat daar baie apies en ander diere in die omtrek is. As jy nie by die kothuis is nie, stoor jou waardevolle besittings, kosgoed en vullissakke in 'n veilige plek en maak seker die deure en vensters is toe.
- Daar is 'n grondpad na die instansie en gaste word aangeraai om met 'n voertuig met 'n hoë grondvryhoogte te kom kuier. Gaste moet asb. navraag doen oor die toestand van die pad voor aankoms, aangesien dit weens onvoorsiene omstandighede mag verander.
- Vuurmaakhout kan teen 'n ekstra koste voorsien word indien dit vooraf gereël word, maar gaste word aangemoedig om hul eie saam te bring. Aangesien veldbrande 'n baie ernstige bekommernis is, word gaste gevra om vure redelik klein te hou en om nie warm vure sonder toesig te laat nie, veral tydens winderige toestande.

Kansellasiebeleid - Gaaf
Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
Meer as 1 week voor die inkloktyd 100%van die deposito word terugbetaal
Meer as 48 uur voor die inkloktyd 50%van die deposito word terugbetaal
Minder as 48 uur voor die inkloktyd 0%van die deposito word terugbetaal
Vanaf
Vanaf R 760
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 760
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 9 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die N12, Suffolk Plaas, Hopetown, 8750, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA0c0eb2142f03f585216c3f8083b8b456fdc424bdf291226789236bfcdbfcbabd6e3731638ce57ce313750b27e48d8ef2b7f6?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R760 per nag (plek vir 2) 6 5 1 5 Off the N12 Suffolk Farm 8750 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -29.613731491282 24.246901273727

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang