Oudehout Huis
Bly 2 nagte en betaal slegs vir 1 op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie. Geldig vir verblyf vanaf 5 Jun 2024 tot 31 Aug 2024.
- Kapasiteit: 18 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Smith-straat 4, Val, 2425, Mpumalanga
-
Vanaf
R9 000R4 500 per nag, vir 18 mense
Beskrywing
Oudehout Huis is 'n groot plaashuis wat ideaal is vir familiegroepe en vriende wat uit die stad se gewoel wil ontsnap. Dit is in Val, die kleinste dorpie in Suid-Afrika, geleë.
Dié verblyf bied slaapplek aan 18 gaste en beskik oor 8 slaapkamers, 5 badkamers en 'n gastetoilet. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die oorblywende slaapkamers het almal enkelbeddens en 2 van hierdie kamers het 'n en suite-stort. Die ander 2 badkamers het elkeen 'n bad en 'n stort.
Die leefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware, 'n toonbank met stoele en 'n sentrale tafel toegerus is. Dit lei na 'n etenstafel. Die knus sitarea het gemaklike sitplek en 'n kaggel.
Buite is 'n groot stoep met sitplek en 'n lowergroen tuin met braaigeriewe. Gaste kan tussen die mielielande gaan stap, hul verkyker saambring en die voëls op die dam dophou, die vlaktes met hul kamera verken, 'n boek lees, bordspeletjies speel of net ontspan.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Kinderoppasser Op Versoek
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Zoeloe
- Xhosa
Maaltye Aangebied
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Meer oor dié eenheid
- Nie rook
- Privaat ingang
- Privaat swembad
Dienste
- Diens op aanvraag
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Verekombers
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Ekstras
- Tee en koffie skinkbord
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
Ligging
- Smith-straat 4, Val, 2425, Mpumalanga
Sien meer verblyf in Mpumalanga
- Kapasiteit: 18 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Smith-straat 4, Val, 2425, Mpumalanga