Out of Africa
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Skietberglaan 5, Colesberg, 9795, Noord-Kaap
- Vanaf R700 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Out of Africa is in Colesberg aan die voet van Skietberg geleë waar blesbokke se gefluit snags gehoor kan word en as jy gelukkig is, ook die geroep van n jakkals. Dit is ideaal vir gaste wat tussen Johannesburg, Kaapstad, Durban en Gqeberha (Port Elizabeth) reis en veilig wil oornag met VEILIGE PARKERING. Die gastehuis fokus op 'n holistiese leefstyl en bied verblyf in 2 aparte gastekamers.
Die Pers-kamer is KLEIN, maar voldoende vir oornagverblyf. Dit het 'n dubbelbed met 'n ELEKTRIESE KOMBERS, 'n enkelstapelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak.
Die Groen-kamer het 2 enkelbeddens wat op versoek in 'n koningingrootte-bed omskep kan word. 'n Bababedjie kan ook op versoek in die Groen-kamer voorsien word. Die en suite-badkamer het 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak.
Elke kamer is met 'n yskassie, ketel, mikrogolfoond, eetgerei, handdoeke en waaiers toegerus en het sy eie ingang en veilige parkeerplek. VRIESGERIEWE is beskikbaar. Geriewe en komplimentêre items sluit koekies, koffie, tee, suiker, koue water, ys en melk in. Let daarop dat die kamers NIE lugversorging het nie.
Elke kamer het ook sy eie BRAAIGERIEWE, en hout en braaipakke is te koop.
Gaste kan die Colesberg-Kemper Museum, Doornkloof Natuurreservaat en selfs Gariepdam besoek of 'n ete by Die Plattelander, Bordeaux, Horse and Mill Innikraal, of Die Chargo-padstal geniet wat sowat 2 km vanaf die verblyf is. Gaste is ook welkom om Skietberg te klim en die uitsig te bewonder.
Kenmerke
Geriewe
- ADSL-lyn
- 24-uur Ontvangs
- Swembad
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete Op Versoek
- Tee
- Etes Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Internet
- Televisie
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.3/5
Jeanine Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 57
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Skietberglaan 5, Colesberg, 9795, Noord-Kaap
- Gaste dink Out of Africa het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Colesberg Karoo Noord-Kaap
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Skietberglaan 5, Colesberg, 9795, Noord-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang