Outeniqua Strandhuis
Beskrywing
Dié woonstel het slaapplek vir 4 volwassenes en bied 'n see-uitsig sowel as 'n privaat ingang. Die slaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en die badkamer het 'n stort. Daar is 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die kombuis is toegerus met 'n yskas, stoof, mikrogolf en 'n ketel. Die leefarea het 'n TV en 'n dubbelslaapbank. Die woonstel is op die grondvloer geleë en het sy eie boma, braaigeriewe en grasperk.
Oorsig van kamer/eenheid
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Leefarea
2 x Enkelslaapbank
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Tariewe
Meer foto's van kamer/eenheid
Dít is wat jy hier sal kry
Gewild
Badkamer
Buitelug
Kombuis & eetkamer
Parkeerplek & toegang
Slaapkamer & wassery
Vermaak
Prys sluit in
Tariewe wat vertoon word is op 'n selfsorgbasis.
Huisreëls
Neem asseblief kennis dat beide eenhede met 'n trap bereik word.
Neem asseblief kennis dat dit 'n nierook-eenheid is.
Maak alle vensters en deure toe wanneer jy die eiendom verlaat.
Wasgoed hang net op wasgoedrakke, en wasgoedpale.
Geen harde musiek na 23:00 nie.
Kansellasiebeleid
Meer as 1 maand voor die inkloktyd | 50%van die deposito word terugbetaal |
Meer as 2 weke voor die inkloktyd | 25%van die deposito word terugbetaal |
Minder as 2 weke voor die inkloktyd | 0%van die deposito word terugbetaal |
Beskrywing
Hierdie lieflike huis is geskik vir 8 volwassenes en 2 kinders onder die ouderdom van 12. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met met 'n bad, stort, dubbelwasbak en 'n toilet. Die tweede en derde slaapkamers het elk 'n dubbelbed en die vierde slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n dubbelslaapbank vir 2 kinders. Die tweede badkamer her 'n stort, bad, wasbak en 'n toilet. Die derde badkamer het net 'n stort. Die woonstel het 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Die kombuis is met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, ysmasjien, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër. Langs die kombuis is 'n etenstafel met sitplek vir 10 gaste. Die sitarea het 'n kaggel, gemaklike sitplek en 'n TV. Daar is WiFi. Die skuifdeure lei na 'n groot balkon met 'n houtvuur- en 'n gasbraai.
Oorsig van kamer/eenheid
Tariewe
Meer foto's van kamer/eenheid
Dít is wat jy hier sal kry
Gewild
Badkamer
Buitelug
Kombuis & eetkamer
Slaapkamer & wassery
Temperatuurbeheer
Vermaak
Prys sluit in
Selfsorg. WiFi en 'n slim-TV.
Huisreëls
Neem asseblief kennis dat beide eenhede met 'n trap bereik word.
Neem asseblief kennis dat dit 'n nierook-eenheid is.
Maak alle vensters en deure toe wanneer jy die eiendom verlaat.
Wasgoed hang net op wasgoedrakke, en wasgoedpale.
Geen harde musiek na 23:00 nie.
Kansellasiebeleid
Meer as 1 maand voor die inkloktyd | 50%van die deposito word terugbetaal |
Meer as 2 weke voor die inkloktyd | 25%van die deposito word terugbetaal |
Minder as 2 weke voor die inkloktyd | 0%van die deposito word terugbetaal |
- Kapasiteit: 14 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Meelogielaan 8, Outeniekwastrand, Grootbrakrivier, 6525, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang