Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Outeniqua Strandhuis

Selfsorg
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Meelogielaan 8, Outeniekwastrand, Grootbrakrivier, 6525, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 050 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Outeniqua Strandhuis bied selfsorgverblyf in 2 pragtige selfsorg-eenhede in Outenikwastrand, Grootbrak-Rivier. Dié eenhede het pragtige see-uitsigte.

Die Strandhuis het slaapplek vir 8 volwassenes en 2 kinders onder die ouderdom van 12. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort en dubbelwasbak. Die tweede en derde slaapkamers het elk 'n dubbelbed, terwyl die vierde slaapkamer 'n dubbelbed sowel as 'n dubbelslaapbank wat geskik is vir 2 kinders het. 'n Stort, bad, wasbak en toilet is in die tweede badkamer beskikbaar en die derde badkamer het 'n stort.

Die hoofleefarea het 'n oopplan-uitleg met 'n kombuis, eet- en leefarea. Die kombuis is met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, ysmasjien, eetgerei, breekware, en koffie- en teemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n skottelgoedwasmasjien, wasmasjien en tuimeldroër beskikbaar.

Langs die kombuis is 'n etenstafel met sitplek vir 10 gaste. Die sitkamer het 'n kaggel, gemaklike sitplek, 'n TV en gratis WiFi. 'n Skuifdeur bied toegang tot 'n groot balkon met 'n houtvuur- en gasbraai.
Die huis het ook sonpanele so daar is krag tydens beurtkrag.

Die Strandhuis Woonstel het 1 slaapkamer met 'n koningingrootte bed vir 2 volwassenes en daar is 2 slaapbanke vir 2 volwassenes in die sitarea. Dit het 'n privaat ingang sowel as 'n see-uitsig. Die badkamer het 'n stort, bad, dubbelwasbak en 'n aparte toilet.

Daar is 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die kombuis is met 'n yskas, stoof, mikrogolf, lugbraaier, koffiemasjien en 'n ketel toegerus. Die leefarea het 'n TV en DSTV.

Die woonstel is op die grondvloer en het sy eie boma, braaigeriewe en grasperk.

Die eenhede is naby aan die strand, 15 km vanaf George Lughawe, 20 km vanaf George en 29 km vanaf Mosselbaai.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 1 resensie

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Eleen Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 1

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • Meelogielaan 8, Outeniekwastrand, Grootbrakrivier, 6525, Wes-Kaap
  • Gaste dink Outeniqua Strandhuis het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 050
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 1 050
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Meelogielaan 8, Outeniekwastrand, Grootbrakrivier, 6525, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAdc59f40b042cfd917fba2172a596bb83ba739d90027ff1bfd213a71da04b9e40540665baabee6dc1a7b77377c797fb8e6ff0?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 050 per nag (plek vir 2) 1 5 1 5 8 Meelogie Avenue Outeniqua Strand 6525 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 09:00 -34.046719425259 22.289624490648

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang