Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Oxnead Guesthouse

Gastehuis
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Johanita-straat 802, Moreletapark, Pretoria, 0044, Gauteng
  • Vanaf R750 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Oxnead Guesthouse bied verblyf in selfsorgkamers en ontbyt kan apart bespreek word. Die gastehuis is in Pretoria geleë. Dis ideaal vir gaste wat op soek is na gerieflike verblyf naby geriewe.

Hierdie verblyf het sonkrag en word nie deur beurtkrag geraak nie, die sonkrag dek alles in die verblyf.

Verblyf by Oxnead Guesthouse word aangebied in 6 kamers wat smaakvol ingerig is. Hierdie kamers beskik oor 2 enkelbeddens of 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer. Geriewe in al of meeste van die kamers sluit in: gratis WiFi, 'n TV met sekere kanale, kombuisgeriewe en -toebehore. Sekere kamers het lugversorging of waaiers.

Hierdie huis in Georgiaanse styl het 'n stil, rustige en vriendelike atmosfeer wat ideaal is vir sakereisigers én vakansiegangers. Die huis is in 'n veilige doodloopstraat en naby aan winkelsentrums soos Menlyn, Woodlands, Parkview en The Barnyard geleë.

Oxnead Guesthouse is binne 'n 10 km radius van welbekende gholfbane soos Woodhill, Wingate Park, Silver Lakes, Irene en Pretoria Country Club af. Dis ook naby aan Moreleta NG Kerk, Hatfield Christelike Kerk en Doxa Deo.

Kenmerke

Afrikaans
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Forelhengel
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 39 resensies

Baie goed

Netheid
4.6
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.6
Veiligheid
4.2
Wat gaste dink
Gerhard V
Saam met lewensmaat
5.0
Gemaklik en gerieflik. Daar is uit die pad gegaan sodat ons vroëer kon inboek - Dankie Nelia. Baie skoon en netjiese plekkie wat sorg vir 'n gemaklike...
Sien meer
Feb 2024
Michelle Namens Nellerie V
5.0
Net wat ons nodig gehad het. Heerlik gebly. Dankie.
Feb 2024
Kobus J
Gesin met tieners
5.0
Baie vriendelik, en behulpsame eienaars. Sien sterre.
Des 2023
Amelia V
5.0
Nice and clean, lovely stay. Had everything we needed.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2023
Nielen B
Saam met lewensmaat
4.8
Goed geleë. Baie vriendelike diens van Nelia. Kamer was skoon en netjies. Kan definitief aanbeveel.
Jun 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.4/5

Nelia Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 39

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Johanita-straat 802, Moreletapark, Pretoria, 0044, Gauteng
  • Gaste dink Oxnead Guesthouse het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R750
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R750
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 14 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Johanita-straat 802, Moreletapark, Pretoria, 0044, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGVjNWM1NmE5LTMyYjItNGQxZC1iYzYzLTU5YTI1MGYxN2NmZA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R750 per nag, vir 2 mense 39 5 1 5 802 Johanita Street Moreletapark 0044 Gauteng 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -25.8140252 28.2970897

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang