Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

19AtLast

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 17 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Atlas-straat 19, Herlear, Kimberley, 8306, Noord-Kaap
  • Vanaf R700 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

19AtLast is in 'n stil area geleë wat sentraal tot Kimberley is. Verblyf word in verskeie slaapkamers gebied.

Kamers 1, 3 en 4 is ingerig met 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Daar is 'n ketel, yskassie en mikrogolfoond.

Kamer 2 is 'n gesinseenheid wat uit 2 kamers bestaan: 'n dubbelkamer gemeubileer met 'n koningingrootte-bed en 'n kamer met 4 enkelbeddens. Die badkamer is toegerus met 'n stort en toilet. 'n Aparte gastetoilet is ook beskikbaar.

Die kombuis is toegerus met 'n gasstoof, mikrogolf, ketel en yskas.

Kamer 5 is 'n oopplan-selfsorgeenheid met sy eie ingang. Die eenheid is ingerig met 3 enkelbeddens en het 'n badkamer met 'n stort. Die kombuis is toegerus met 'n tweeplaatstoof, mikrogolf, broodrooster, yskas, ketel en eetgerei.

Kamer 6 is 'n klein woonstel met 1 koningingrootte-bed, 'n badkamer met 'n stort en 'n kombuis met 'n yskas, ketel, mikrogolf en eetgerei.

Elke kamer het 'n en suite-badkamer, TV, ketel, mikrogolfoond, eetgerei, lugversorger en privaat ingang. Daar is veilige parkeerplek.

Die eiendom is gerieflik naby verskeie restaurante en winkelsentrums geleë.

Kimberley bied verskeie restaurante en historiese terreine soos museums, die Groot Gat en die Belgravia Historiese Staproete.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 138 resensies

Baie goed

Netheid
4.4
Ligging
4.3
Waarde vir geld
4.3
Diens
4.4
Veiligheid
4.6
Gaste se hoogtepunte
Jolanda B
Saam met lewensmaat
5.0
Gerieflik en veilig, gasvrou so vriendelik. Was 'n baie netjiese en skoon plekkie om te oornag.
Sep 2024
Collin G
Saam met lewensmaat
5.0
Clean, comfortable, warm and secure. We enjoyed our stay. Very comfortable and cosy and had a good night's rest. Will definitely recomm...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Sep 2024
Marietjie S
Saam met lewensmaat
5.0
Skoon, netjies, goed genoeg vir een nag se oorslaap! Ons het lekker gebly in ons kamer (net die buurman se rook voor sy deur het my effe gepla) maar e...
Sien meer
Aug 2024
Org M
Saam met vriende
5.0
Heerlike oornagplek, stil en veilige omgewing. Baie lekker gebly, alles was soos dit geadverteer was. Skoon en netjies in 'n stil omgewing.
Jun 2024
Arlene D
Besigheidsreis
5.0
Pragtige en gerieflik. Dit was 'n lekker blyplek na 'n lang dag op die pad. Alles baie goed ingerig.
Mei 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.4/5

Dalene Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 138

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Atlas-straat 19, Herlear, Kimberley, 8306, Noord-Kaap
  • Gaste dink 19AtLast het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 700
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 700
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 17 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Atlas-straat 19, Herlear, Kimberley, 8306, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA8778e4c227f80d7636cdb698ace2e4ff8f0b5fe93e0a9b60363933ac11acaf5fba540b7a002403721223c33ee336245e7287?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R700 per nag, vir 2 mense 138 5 1 5 19 Atlas Street Herlear 8306 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -28.74886970318 24.781574317791

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang