Palmers Place
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 mense
- Geen kinders onder 5
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Sewendestraat 118, Voëlklip, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
- Vanaf R600 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Palmers Place is 'n bekoorlike eenheid met 'n privaat ingang, in die tuin van die hoofhuis.
Die eenheid is smaakvol versier en beskik oor 'n semi-oopplan-slaapkamer, -kombuisie, -stort en 'n aparte toilet. Die slaapkamer het 'n dubbelbed. Daar is ook 'n muurverwarmer en 'n waaiertjie. Daar is nie 'n TV nie. Die kombuisie het breekware, eetgerei, 'n yskassie, ketel, en 'n mikrogolf om ligte maaltye in voor te berei. Daar is nie 'n stoof nie. 'n Gasteskinkbord word voorsien tydens aankoms.
Gaste het toegang tot die tuin en patio met 'n sitarea vir 2. Die onderdakstoep spog met 'n lieflike uitsig op die berg en die buitesitarea is naby die ingang. Daar is 'n privaat buitestort ook. Braaigeriewe is beskikbaar. Veilige parkeerplek is beskikbaar vir 1 voertuig en 'n hek wat met 'n afstandbeheer werk.
Palmers Place is 500 meter van Voëlklip-strand en 'n geriefswinkel af. Daar is 3 restaurante stapafstand vanaf die eenheid. Gaste kan lekker langs die kranspaadjies na die dorp toe stap waar walviskyk veral in seisoentyd, Julie tot November, gewild is. Die ingang na die Bergkontoerpad wat na die Fernkloof Natuurreservaat lei is 500 m van Palmers Place af.
Dit is ook net 'n entjie se ry van verskeie binnenshuise en buitemuurse besienswaardighede in die omgewing af, soos die Hemel en Aarde wynvallei, haaihokduik, walvis-bootvaarte en kajakvaart in die see.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Meer oor dié eenheid
- Nie rook
- Patio
- Privaat ingang
Dienste
- Diens op aanvraag
- Koordlose internet
Badkamer
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
- Toiletware
Eenheidgeriewe
- Elektriese kombers
- Waaier
- Klein kombuis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Mikrogolfoond
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Barbara Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 40
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Sewendestraat 118, Voëlklip, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
- Gaste dink Palmers Place het ’n uitstekende ligging
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 mense
- Geen kinders onder 5
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Sewendestraat 118, Voëlklip, Hermanus, 7200, Wes-Kaap