Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported
Waarheen is jy op pad?
Datums
2 Gaste

Panorama Chalets

Weeksdagaanbod 10% af

Kry 10% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 4 Apr 2025 tot 30 Nov 2025.

  • Kapasiteit: 72 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 2 km buite Graskop op die R533, Graskop, 1270, Mpumalanga
  • Vanaf R470 R423 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Panorama is ideaal geleë op Mpumalanga se platorand, 2 km buite die dorp langs die R533. Die asemrowende uitsig oor die Graskopkloof en die Laeveld het al menige besoeker se hart gesteel. Die hoë berge en kranse, die woude en grasvelde, die watervalle en rivier is alles sigbaar vanaf hierdie betowerende plek. Dit is voorwaar die perfekte plek vir jou volgende vakansie of reis.

Ons voorsien akkommodasie en oornagverblyf vir selfsorg-, karavaan-, motorwoonwa- en kampeergaste wat op reis of met vakansie is. Stadsjapies wat vuisvoos is kom ontspan hier in die rustige atmosfeer en verlustig hulself in die vars lug en die oop ruimtes.

Ons swembad is van natuurlike rotse gebou op die randjie van die Graskopkloof en is heerlik verfrissend.

Divine Foods @ The View Restaurant is gelisensieerd en bied ontbyt, ligte etes, middagete en aandete. Dis vanaf Maandag tot Sondag tussen 08:00 en 20:00 oop (laaste bestellings).

Die kiosk en kurio-winkeltjie het 'n groot verskeidenheid verversings, geskenke en speelgoed. Die kunsgalery is in die restaurant en bied verskeie kunswerke van plaaslike en Suid-Afrikaanse kunstenaars.

Daar is ook 'n speletjieskamer met 'n trampolien.

Vir die meer avontuurlustige gaste is daar talle doendinge in die Graskop-area soos abseil, riviervlotvaart, perdry en die groot swaai. Vir gaste met 'n kennislus is daar 'n sy-plaas, 'n koffieplaas en grotte om te verken.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Troeteldiere op versoek

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 225 resensies

Baie goed

Netheid
4.1
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.0
Diens
4.2
Veiligheid
4.6
Gaste se hoogtepunte
Jacques P
Saam met lewensmaat
5.0
Die beste beste ook. Dit is altyd besonders wanneer personeel ekstra moeite doen om 'n spesiale geleentheid soos 'n verjaarsdag te vier. Die pragtige ...
Sien meer
Mrt 2025
Corne B
5.0
Dis asemrowend mooi uitsig en die restaurant op perseel is 'n bonus. Dis nie my eerste keer nie en ook nie my laaste keer nie. Baie mooi uitsig. Sal w...
Sien meer
Mrt 2025
Erma J
Saam met lewensmaat
5.0
Uitstekend en rustig. Die mense is vriendelik en hulpvaardig. Dit was lekker om daar te slaap.
Mrt 2025
Willem W
Saam met lewensmaat
5.0
Uitstekend. Baie lekker. Uitstekend.
Feb 2025
Gesina V
5.0
Wonderlike uitsig. Pragtige uitsig en lekker verblyf plek. Sal enige tyd teruggaan.
Jan 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.4/5

Danie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 225

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • 2 km buite Graskop op die R533, Graskop, 1270, Mpumalanga
  • Gaste dink Panorama Chalets het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R470
R 470 R 423
per nag, vir 2 mense
Vanaf R470
R 470 R 423
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 72 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 2 km buite Graskop op die R533, Graskop, 1270, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDc3ZjkzMzA4LTgwNWUtNGY2My04MzY4LTA0NDc1NzFlMDMyYw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R470 nouVanaf R423 per nag, vir 2 mense 225 5 1 5 2 km out of Graskop on the R533 Graskop 1270 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -24.947492098191 30.844457857609

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Ma.Di.Wo.Do.Vr.Sa.So.
311234567891011121314151617181920212223242526272829301234567891011
Ma.Di.Wo.Do.Vr.Sa.So.
311234567891011121314151617181920212223242526272829301234567891011