Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported
Waarheen is jy op pad?
Datums
2 Gaste

Paradijs Sig

Op die Nippertjie-aanbod 10% af

Kry 10% af op alle besprekings wat 1 dag of minder voor jou verblyf gemaak word. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 2 persone
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Nemisiasingel 6, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
  • Vanaf R995 R896 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Paradijs Sig is in Yzerfontein en bied gehalteverblyf aan 'n paartjie of sakereisiger. Dis naby verskeie winkels, restaurante, die strand, doendinge en besienswaardighede.

Die ateljeewoonstel is op 'n woonerf en het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Linne en handdoeke word voorsien. Daar is 'n privaat buitestort waar gaste na 'n dag op die strand kan afspoel.

Die kombuis is met 'n induksiestoofplaat, yskassie, mikrogolfoond, Nespresso-koffiemasjien, broodrooster, eetgerei en breekware toegerus.

Die kamer het 'n TV met DStv en 'n eetarea waar gaste hul maaltye kan geniet. Daar is ook gratis WiFi.

Die woonstel lei na 'n stoep met stoepmeubels en lieflike braaigeriewe.

Gaste het toegang tot veilige parkeerplek op die perseel.

Dis die ideale plek om te rus, weg te breek, te ontspan en die beste van Yzerfontein te ervaar. Dis ook lekker naby Villa Fontana-winkelsentrum met 'n oulike koffiewinkel en apteek.

Kamer-opset

1 Slaapkamer 1 Badkamer, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Mooi uitsig
TV
Volledige kombuis
DStv
Stroomdienste
Braai
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 78 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Anton R
Saam met lewensmaat
5.0
Paradijs Sig - 'n Klein paradys met asemrowende uitsig. Dit was waarskynlik een van ons top 3 bestemmings ooit. 'n Pragtige klein woonstelletjie met a...
Sien meer
Apr 2025
Dolores M
Saam met lewensmaat
5.0
Loved Yzerfontein and our location was perfect. It was the perfect location for a weekend getaway. The accommodation was perfect for tw...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mrt 2025
Phillip C
Saam met lewensmaat
5.0
Rustig en mooi uitsig. Baie lekker gebly. Was net te kort. Ontvangs was vriendelik. Gedurig opgevolg om te hoor of alles reg is. Uitsig was van die be...
Sien meer
Mrt 2025
Philip B
Saam met lewensmaat
5.0
Baie mooi plek, baie netjies en baie goed ingerig. Ons het baie lekker gebly daar. Sal weer soontoe wil gaan wanneer dit nie reën nie. Fantastiese uit...
Sien meer
Mrt 2025
Ruben J
Saam met lewensmaat
5.0
Pragtige uitsig, skoon, goeie ligging. Ons het ons 3 aande baie geniet, geen klagtes nie en pragtige uitsig.
Mrt 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Elise Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 153

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Nemisiasingel 6, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
  • Gaste dink Paradijs Sig het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R995
R 995 R 896
per nag (plek vir 2)
Vanaf R995
R 995 R 896
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 volwassenes
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Nemisiasingel 6, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA745a0f507bb5b33b8b0c71cd13705632875173d79ddc2085dfc0a9953089abfbde8b43b150028777fa516e8b80077508f556?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R995 nouVanaf R896 per nag (plek vir 2) 78 5 1 5 6 Nemisia Crescent Yzerfontein 7351 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.347858088614 18.151467861494

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Ma.Di.Wo.Do.Vr.Sa.So.
311234567891011121314151617181920212223242526272829301234567891011
Ma.Di.Wo.Do.Vr.Sa.So.
311234567891011121314151617181920212223242526272829301234567891011