Pashasha Beach House
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 313 Piet Retief Singel, Sandbaai, 7200, Wes-Kaap
- Vanaf R3 400 per nag, vir 8 mense
Beskrywing
Pashasha Beach House verkry sy naam uit 'n Xhosa woord wat "alles is goed" beteken, en by hierdie strandhuis is alles beslis goed. Die huis is ontwerp vir Suid-Afrikaanse pret, ontspanning en 'n luukse bederf by die see.
Hierdie elegante, gemeubileerde, ten volle toegeruste huis in Sandbaai is ontwerp met baie oop spasies en skoon lyne. Dié huis met 'n houtvuurwarmbad is 'n paar minute se stap vanaf die manjifieke strand, en is geskik vir tot 8 gaste.
Die groot, oopplan-kombuis het moderne werksareas van graniet en is voorwaar die hart van die huis. Hier kan gaste gesellig verkeer! Die huis het 'n houtdek voor en agter, en dit skep 2 aparte vermaaklikheidsareas met onderskeidelik berg- en see-uitsigte. Die leefkamers se Franse deure dra by tot 'n moderne gevoel, en gaste kan die see en melkhoutbome van die groot, oopplan-kombuis en buitenste dek beloer.
Die sanderige strand is 'n 1 minuut weg, en het rotspoele, opwindende strandbaaitjies, veilige swemareas vir kinders en 'n baie gewilde branderplankgebied.
Net agter Sandbaai is Hemel-en-Aarde, 'n area met 'n groot verskeidenheid winkels, plaasstalle, galerye, studio's, juweliers, restaurante en 'n Wynroete wat ure se pret inhou. Wat Sandbaai uniek maak is sy ligging; tussen die see en die skuinstes van die Onrust-berge tussen Onrus en Hermanus, waarlik een van die pragtigste dele van die wêreld.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Jacuzzi
- Braaiplek
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Richard Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 6
Op LekkeSlaap 11 jaar
Ligging
- 313 Piet Retief Singel, Sandbaai, 7200, Wes-Kaap
- Gaste dink Pashasha Beach House het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 313 Piet Retief Singel, Sandbaai, 7200, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang