Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Pearl Guest House

Gastehuis
  • Kapasiteit: 30 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erf 16, Kleinfontein Plaas, 368 JR, Rayton-distrik, 1001, Gauteng
  • Vanaf R1 150 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Pearl Guest House is in die Rayton-distrik en bied 'n welkome wegbreek vir vakansiegangers wat 'n bietjie rus en vrede buite die stadslewe soek.

Verblyf is beskikbaar in 5 eenhede, Studio-kamer, Gesinskamer, die Pearl Shack, Green Room en die Pearl Cottage. Die Studio-kamer het slaapplek vir 2 gaste op 'n koninggrootte-bed wat ook as 2 enkelbeddens opgemaak kan word op versoek en daar is 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die eenheid het ook 'n kombuisie met 'n mikrogolf, 'n yskas, eetarea en tee- en koffiemaakgeriewe, WiFi en 'n TV met DStv. Daar is 'n stoep en 'n privaat ingang.

Die Gesinskamer is geskik vir 5 gaste. Die kamer het 'n dubbelbed, 'n enkelbed, en 2 enkelbeddens in die solder. Ander geriewe sluit 'n kombuisie met 'n yskas en 'n mikrogolfoond, 'n sit- en eetarea, tee- en koffiemaakgeriewe, WiFi en 'n TV met DStv in. Hierdie eenheid het ook 'n stoep, 'n braai-area en sy eie privaat ingang.

Pearl Shack het slaapplek vir 14 gaste en beskik oor 6 slaapkamers. Die eerste 4 slaapkamers het dubbelbeddens, die vyfde en sesde slslaapkamer het elkeen 2 enkelbeddens. Ander geriewe sluit 2 groot badkamers (Koekmeel en Mieliestronk) met 6 storte in totaal , 4 toilette , 'n sitarea, dubbel binne- braai en ook n buite boma braai. Die groot oopplan kombuis het 'n yskas , vrieskas , en tee- en koffiemaakgeriewe in.(gas ketels) , met n reuse toegeboude stoep kuierarea met n 16 sitplek tafel.

Die Green Room is 'n ruim oopplan-kamer met 'n kombuisie, yskas, mikrogolfoond en tee- en koffiemaakgeriewe. Die slaaparea het 'n dubbelbed en 'n enkelbed, asook 'n bed geskik vir 'n kind onder 12 jaar in die solderarea. Daar is 'n badkamer met 'n stort en 'n privaat sitarea in die tuin.

Ander geriewe op die perseel sluit veilige parkeerplek in ek gaste mag in die gemeenskaplike swembad swem. Daar is ook voëlspesies om op die perseel te sien.

Aktiwiteite in die area sluit bergfiets- en fietsry in.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 86 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.8
Wat gaste dink
Hein L
Saam met lewensmaat
5.0
Baie veilig en netjiese gastehuis met baie vriendelike en hulpvaardige ontvangs. Baie veilig en netjiese gastehuis met baie vriendelike en hulpvaardig...
Sien meer
Aug 2024
Diana L
Gesin met tieners
5.0
Lekker spasie. Gesellig. Oulik. Gemaklik. Heerlik geslaap. Lekker warm vir sulke koue dae. Prakties, eenvoudig, bederf. Dankie vir jou gasvryheid. Jys...
Sien meer
Jun 2024
Pierre P
Saam met lewensmaat
5.0
Wonderlik. Sal definitief weer hier oorbly. Skoon, veilig en baie gemaklik.
Mei 2024
Karica J
Saam met lewensmaat
5.0
Skoon netjiese plek met gawe mense wat jou verwelkom! Wat meer wil jy hê! Gasvryheid uit die boonste rakke! Baie lekker gebly, baie rustige en stil pl...
Sien meer
Jan 2024
Marina W
Saam met vriende
5.0
Fun, spacious, great for small functions and professional. What a lovely self-catering venue. Even with a full house sleeping 12 people...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Aug 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Quinnzelle Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 86

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Erf 16, Kleinfontein Plaas, 368 JR, Rayton-distrik, 1001, Gauteng
  • Gaste dink Pearl Guest House het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 150
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 150
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 30 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erf 16, Kleinfontein Plaas, 368 JR, Rayton-distrik, 1001, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDIzOGFiMjgzLThlY2YtNDg4ZC1hNjNkLTQxYjc5YWFjNDE1ZQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 150 per nag, vir 2 mense 86 5 1 5 Ptn 16 of the Farm Kleinfontein 368 JR 1001 Gauteng 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.80765317979 28.482954502033

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang