Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Pepper Berry Place

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 24 resensies

Ongelooflik

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Cobus P
1 nag Saam met vriende
5.0
Jul 2024

Baie goeie plek met ruimte en alles is aan gedink, Nespresso-masjien - jogurt/dan. Baie goeie plek met ruimte en alles is aan gedink, Nespresso-masjien - jogurt/dankies/beskuit/meusli alles ingesluit - selfs 'n paar Nespresso-pods ook.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Hein
Pepper Berry Place
Baie dankie. Ons hoop ons sal julle weer kan verwelkom. Groete

Donna M
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Jun 2024

Very efficient, friendly, helpful, clean and beautifully decorated place. See stars.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Hein
Pepper Berry Place
Thank you so much, Donna. We appreciate the kind words and hope to welcome you to our unit in the future again.

Maria C
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Apr 2024

Ons het lekker gekuier en sal baie beslis weer hier tuis gaan. Ons het heerlik gekuier. Die eenheid is baie goed ontwerp en het alles wat ons nodig gehad het. Ons gasheer was vriendelik en het alles mooi verduidelik. Ook veilige parkeering vir jou motor. Ek kan hierdie blyplek met vrymoedigheid aanbeveel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Gerhard V
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Apr 2024

Rustige goed toegeruste verblyf. Baie lekker rustige omgewing. Alles wat mens nodig het en baie netjiese verblyf.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Camilla S
Lang verblyf Saam met lewensmaat
4.8
Jan 2024

Westcliff hidden gem. We had a very pleasant stay at Pepper Berry Place - we were in the cottage. I found the place to be very well equipped, with excellent kitchen appliances, heating and cooling options, good bedding and a comfortable king-size bed. There were adequate towels for both of us, and a lovely touch was the coffee capsules, muesli, rusks, yoghurts, juices and waters left for our enjoyment. There were fresh flowers and a 'welcome' basket with wine and fruit to greet our arrival, thank you, much appreciated. This level of generosity is not usual in self-catering stays! Thanks for seamless check-in and check-out, as well as assisting with a minor problem with a plug. I would highly recommend this exceptional space.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Azi Q
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Okt 2023

The stay was nice. The stay was fabulous.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Moller G
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Sep 2023

As ek kon, het ek 6 sterre gegee! Met ons aankoms by Pepper Berry Place was ons hartlik ontvang en alles is mooi deur Claude, die bestuurder, aan ons verduidelik. Ons het in die selfsorgeenheid tuisgegaan en die eenheid was skoon, netjies en toegerus met alles wat ons benodig. Daar was selfs ekstras soos Nespresso pods, jogurt en bottelwater in die yskas, muesli, blomme en 'n lekker bottel wyn! Lanklaas het ons so lekker geslaap soos op daardie bed. Die beddegoed was lig, knus en warm. Die tierende storm daarbuite het ons min gehinder. So van die storm gepraat - Hermanus was van die buitewêreld afgesny en ons was nie in staat om terug te keer huis toe nie. Malinda het ons heeltyd op hoogte gehou van die stand van sake en toe dit later duidelik word dat ons nie sou kon huiswaarts nie, is die eenheid aan ons beskikbaar gestel vir nog 'n nag, gratis! Ons aanbod om vir die akkommodasie te betaal, is vriendelik, maar ferm, van die hand gewys. Ons kan Pepper Berry Place sterk aanbeveel - jy sal vêr moet soek om gasvryer mense as Malinda en Claude raak te loop!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Dirk G
1 nag Gesin met klein kinders
5.0
Aug 2023

Absoluut lekker. Ons het net vir een aand gebly in Pepper Berry en dit was baie lekker met alles wat ons gesin nodig gehad het. Dit was baie skoon en alles was in goeie werkende toestand en baie goeie kondisie. Ons sal beslis langer kan bly aangesien dit so sentraal is en ons het altyd veilig gevoel en die personeel was baie vriendelik en altyd beskikbaar.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Marisa D
1 nag Gesin met klein kinders
5.0
Jul 2023

Dis skoon, vars en netjies. Mens voel baie welkom. Ekstras wat ingesluit is soos jogurt in die yskas, muesli, beskuit, Nespresso met pods en vars blomme in die kamer, wys hulle gaan above and beyond om die ervaring spesiaal te maak. Ek het versoek dat ek en my 2 kindertjies in 'n eenheid ingaan vir slegs 2 mense en hulle was baie tegemoetkomend met my. Dit word baie waardeer!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Christelle M
1 nag Gesin met klein kinders
5.0
Jul 2023

Fantastiese kliëntediens. Ons is baie vriendelik ontvang en als is aan ons verduidelik. Als was so skoon en netjies. Kliëntediens is fantasties. Goeie ligging en ons het soveel ekstras ontvang. Daar was selfs vars blomme. Ons sal verseker weer daar gaan kuier.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Hein Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 24

Op LekkeSlaap 6 jaar

Vanaf
Vanaf R1 500
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R1 500
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 12:00
  • Adres: East-straat 5, Westcliff, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJUS8YKKkxUD2ju0k0mYBED4t5uxdpkA70kdCxc9G2P6WNHaVyQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 500 per nag (plek vir 2) 24 5 1 5 5 East Street Westcliff 7200 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 12:00 -34.425685 19.229744

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang