Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Perdehoek Sleepover

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 36 resensies

Uitstekend

Netheid
4.5
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.6
Veiligheid
4.6
Lewies C
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.8
Des 2023

Baie lekker plek en laat jou tuis voel. Die diens was uitstekend en so vriendelike mense, nie net die eienaars nie, maar ook die werkers laat jou voel dat jy by die huis is.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Uschaan
Perdehoek Sleepover
Lewies... dankie vir jou vriendelikheid. Jy was 'n lieflike gas. Jy is altyd welkom hier. Bespreek volgende keer kamer 2 of 3.

Miemie K
1 nag
4.2
Sep 2024

Aangenaam en verfrissend. Ek het my verblyf geniet.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
5.0

Riaan V
Kort verblyf Besigheidsreis
4.0
Des 2022

Baie lekker, rustige plek om te bly teen bekostigbare pryse. As jy wil wegbreek van die geraas is dit beslis die plek om te bly.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0
Uschaan
Perdehoek Sleepover
Dankie Riaan. Dis lekker om jou hier te hê.

Jacolet B
1 nag Gesin met tieners
4.2
Aug 2021

Ontspannend en gerieflik. Gasvrou Uschaan is 'n dierbare mens met 'n hart van goud. Waarde vir geld verblyf. Alles wat nodig is, is in die eenheid. Die kinders het die perde, Beulah die Great Dane, die natuur en die rustigheid terdeë geniet. Baie dankie vir 'n aangename verblyf.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Suzette L
1 nag Gesin met klein kinders
5.0
Okt 2020

Wonderlike wegbreek! Plekkie was netjies en goed toegerus. Kinders het dit vreeslik geniet. Eienaars was so gasvry en het uit hulle pad gegaan om dit vir ons onvergeetlik te maak. Ons sal definitief weer kom kuier.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Uschaan
Perdehoek Sleepover
Was lekker om jul te ontvang. Sulke oulike kinders. Hoop ons sien jul weer. Liefde

Katie S
1 nag Besigheidsreis
5.0
Okt 2018

Die rustigheid het my oorweldig, was heerlik. Ek sal vir seker weer inboek by Perdehoek Sleepover. Die chalets is baie netjies en skoon, die eienaars is gasvry en behulpsaam, pragtige mense. Die atmosfeer van rustigheid en die plaasdiere was fantasties.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Uschaan
Perdehoek Sleepover
Ai Katie, dit was 'n voorreg om jul besonderse mense hier te kon hê.

Braam S
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Okt 2018

Presies wat hulle gesê het. Die plek het 'n baie lekker plaas-atmosfeer. Baie lekker stil en rustig, het die plaas-atmosfeer baie geniet. Die basiese verblyf is meer as net basies. Alles wat jy nodig het en as jy iets soos 'n braai voor jou kamer wil hê, vra net en hulle bring vir jou een.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Liezel N
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Feb 2018

Ongelooflik lekker gebly. Baie dankie julle, ons lekker gekuier, sal weer kom, lekker met al die diere daar.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Johann V
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.4
Mei 2018

Wonderlike gasvryheid, rustigheid, stilte en plaasatmosfeer. Ons is vriendelik ontvang deur Uschaan en Franco en ons het werklik die stilte en rustigheid gekry waarna ons gesoek het. Die geriewe is basies. Dis belangrik dat gaste alles saambring wat hulle nodig het aangesien Perdehoek Sleepover redelik ver (17 km) van Lichtenburg af is. Weereens, as jy waarlik rus en vrede soek is Perdehoek 'n goeie keuse. Ons sal Perdehoek vir seker weer besoek.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
3.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Chris B
1 nag Gesin met tieners
4.8
Apr 2017

Rustige natuur-kuier. Love it. Dit was 'n baie lekker kuierplek op 'n plaas weg van die dorpslewe. Sal beslis weer soontoe gaan en meer tyd daar spandeer.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Uschaan Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 36

Op LekkeSlaap 12 jaar

Vanaf
Vanaf R450
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R450
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 68 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Doornhoek Plaas, Lichtenburg, 2740, Noordwes
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA198ef75787fca8ac83ed8f14ba1e15bb7af2a592b930446d4c8baa97da27eb066b7108daed598a627cbde5c9e0343270d205?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R450 per nag, vir 2 mense 36 5 1 5 Farm Doornhoek Lichtenburg 2740 Noordwes 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -26.159588519329 26.308744847774

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang