Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Phiva Game Lodge

Weeksdagaanbod 33% af

Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2 op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie. Geldig vir verblyf vanaf 21 Okt 2024 tot 12 Des 2024.

  • Kapasiteit: 23 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 11:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Donkerpoort Plaas, Modimolle, 0510, Limpopo
  • Vanaf R6 075 R4 050 per nag, vir 23 mense

Beskrywing

Phiva Game Lodge is op 'n wildsplaas in die hartjie van die Waterbergdistrik geleë en is ideaal vir 'n naweekwegbreek saam met familie en vriende. Die plaas is 13 km buite Modimolle. Die eenheid word as geheel aan slegs een groep uitverhuur.

Die lodge beskik oor 7 kamers, waarvan 2 slaapkamers in die huis is, 2 en-suite chalets en 2 buitekamers wat 'n badkamer deel is. Albei slaapkamers in die huis beskik oor koningingrootte-beddens waarvan 1 ook 'n enkelbed het, en die chalets het elkeen 'n koningingrootte-bed en 3 enkelbeddens. Die een buitekamer het 'n dubbelbed en die ander kamer het 3 enkelbeddens. Dié twee kamers deel 'n badkamer.

Elke kamer het 'n koffie-hoekie, asook komplimentêre sepies.

Daar is 'n ekstra eenheid, 100 m vanaf die hoofeenheid, wat 3 gaste kan akkommodeer. Hierdie eenheid is toegerus met n yskas, waaier, ketel, mikrogolf en dit het 'n buitebadkamer met 'n stort, en binneshuise toilet.

Die lodge het 'n kombuis en oopplan-sitarea. Daar is aparte lapa, ook met 'n volledige kombuis. Die lapa is die kuierplek met 'n pool-tafel, veerpyltjie bord, klavier, vele bordspeletjies, volledige DStv en ExtraView, braaigeriewe, 'n swembad en 'n Jacuzzi. Beide kombuise is toegerus vir selfsorgdoeleindes en sluit alle eetgerei, 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, gasbrander en stoof in. Phiva Game Lodge het sonkrag en ervaar nie beurtkrag nie. Daar is slegs waaiers in die kamers.

Wildritte kan op versoek gereël word. Verskeie wildspesies kom voor op die plaas, soos buffels, swartwitpense, njalas, kameelperde, vlakvarke, springbokke, koedoes, rooibokke, zebras, waterbokke, blouwildebeeste en verskeie voëlspesies.

Gaste kan hul visstokke saambring en in die Donkerpoortdam visvang. Troeteldiere is welkom op versoek.

Kamer-opset

Slaapplek vir 23 mense 7 Slaapkamers 5 Badkamers, 5 en suite

Slaapkamer

En suite

5

3 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

3

1 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

5

3 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

3

3 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

3

1 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Troeteldiere op versoek
TV
Volledige kombuis
DStv
Braai
Warmbad

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 39 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Magdaleen M
5.0
Phiva is die perfekte plek vir 'n groot groep wat rustig wil saamkuier. Ons het baie lekker by Phiva gebly. Die Lapa het genoeg sitplek binne en buite...
Sien meer
Okt 2024
Bever;ey H
Saam met vriende
5.0
Very good. We had a wonderful stay. Charmaine could not do enough for us.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2024
Karen V
5.0
Wonnerlik. Dit is 'n pragtige plek. Die gasvrou is soos 'n engel uit die hemel. Ons sal beslis weer gaan. Pragtige uitsig.
Jun 2024
Sandra R
5.0
Uitstekend. Was baie lekker. Die gasvrou het ons heeltyd op hoogte gehou van hoe, waar en wanneer. Jacuzzi was 'n wenner.
Jan 2024
Danie M
5.0
Baie geniet en skoon. Lekker swembad en mooi uitsig.
Mrt 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Charmaine Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 39

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Donkerpoort Plaas, Modimolle, 0510, Limpopo
  • Gaste dink Phiva Game Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R6 075
R 6 075 R 4 050
per nag, vir 23 mense
Vanaf R6 075
R 6 075 R 4 050
per nag, vir 23 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 23 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 11:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Donkerpoort Plaas, Modimolle, 0510, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAASL8rkOD8ZfOB1E7AUBGiDpCOs2Y9BZCA4MVZuItBHPVU7Kscq3?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R6 075 nouVanaf R4 050 per nag, vir 23 mense 39 5 1 5 Donkerpoort Farm Modimolle 0510 Limpopo 021 201 8901 11:00-18:00 11:00 -24.698873517906 28.324094263231

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang