Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Phiva Game Lodge

Langtermynverblyf-aanbod 15% af

Kry 15% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 27 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 11:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Donkerpoort Plaas, Modimolle, 0510, Limpopo
  • Vanaf R6 975 R5 929 per nag, vir 27 mense

Beskrywing

Phiva Game Lodge is op 'n wildsplaas in die hartjie van die Waterberg-distrik geleë en is ideaal vir 'n naweekwegbreek saam met familie en vriende. Die plaas is 13 km buite Modimolle geleë. Die eenheid word as 'n geheel aan 1 groep op 'n slag verhuur.

Die lodge het altesaam 9 kamers. Die eerste slaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en 3 enkelbeddens en het 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die tweede slaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed. Die derde slaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed. Die vierde slaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en 'n enkelbed, met 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en toilet. Die vyfde slaapkamer is ingerig met 3 enkelbeddens en 'n koningingrootte-bed, en dit het 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die sesde slaapkamer is ingerig met 3 enkelbeddens en het 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die sewende slaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed en 'n enkelbed, en dit het 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die laaste twee slaapkamers is elk ingerig met 2 enkelbeddens wat in 'n koninggrootte-bed omskep kan word. Elkeen van hierdie twee kamers het 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Elke kamer het 'n koffiehoekie, asook komplimentêre sepies.

Die huis beskik ook oor 'n kombuis en 'n sitarea. Daar is 'n aparte skoot met 'n kombuis, pooltafel, veerpyltjiebord, klavier, baie bordspeletjies, volledige DStv en ekstra uitsig, braaigeriewe, swembad en Jacuzzi. Die kombuis is toegerus vir selfsorg met 'n yskas, vrieskas, mikrogolfoond, oond en gasstoof. Phiva Game Lodge het sonkrag en ervaar nie beurtkrag nie. Daar is net waaiers in die kamers.

Wildritte kan op versoek gereël word. 'n Verskeidenheid wild kan op die plaas gevind word soos buffels, swartwitpense, njalas, kameelperde, springbokke, vlakvarke, koedoes, rooibokke, sebras, waterbokke, blouwildebeeste, asook 'n verskeidenheid voëls.

Gaste kan hul visstokke en vis in die Donkerpoortdam saambring. Troeteldiere is welkom op versoek.

Kamer-opset

Slaapplek vir 27 mense 9 Slaapkamers 7 Badkamers, 7 en suite

Slaapkamer

En suite

5

3 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

3

1 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

5

3 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

3

3 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

3

1 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Troeteldiere op versoek
Mooi uitsig
Grondpad
TV
Volledige kombuis
DStv
Braai
Vuurmaakhout
Warmbad
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 40 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.9
Waarde vir geld
5.0
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Magdaleen M
5.0
Phiva is die perfekte plek vir 'n groot groep wat rustig wil saamkuier. Ons het baie lekker by Phiva gebly. Die Lapa het genoeg sitplek binne en buite...
Sien meer
Okt 2024
Bever;ey H
Saam met vriende
5.0
Very good. We had a wonderful stay. Charmaine could not do enough for us.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2024
Karen V
5.0
Wonnerlik. Dit is 'n pragtige plek. Die gasvrou is soos 'n engel uit die hemel. Ons sal beslis weer gaan. Pragtige uitsig.
Jun 2024
Sandra R
5.0
Uitstekend. Was baie lekker. Die gasvrou het ons heeltyd op hoogte gehou van hoe, waar en wanneer. Jacuzzi was 'n wenner.
Jan 2024
Meriek F
4.4
Rus en vrede in die bosveld. Ons het ons tyd by Phiva baie geniet. Die lapa voorsien 'n heerlike saamkomplek met alles wat jy nodig het om na 'n groot...
Sien meer
Jan 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Charmaine Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 40

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Donkerpoort Plaas, Modimolle, 0510, Limpopo
  • Gaste dink Phiva Game Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R6 975
R 6 975 R 5 929
per nag, vir 27 mense
Vanaf R6 975
R 6 975 R 5 929
per nag, vir 27 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 27 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 11:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Donkerpoort Plaas, Modimolle, 0510, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAASL8rkOD8ZfOB1E7AUBGiDpCOs2Y9BZCA4MVZuItBHPVU7Kscq3?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R6 975 nouVanaf R5 929 per nag, vir 27 mense 40 5 1 5 Donkerpoort Farm Modimolle 0510 Limpopo 021 201 8901 11:00-18:00 11:00 -24.698873517906 28.324094263231

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang