Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Pilgrimsrus @ 7de Laan

Selfsorg
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 7de Laan 17, Kleinmond, 7195, Wes-Kaap
  • Vanaf R780 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Pilgrimsrus is 'n bekoorlike selfsorgeenheid in die kusdorpie Kleinmond wat met liefde bekendstaan as 'die hart van die Kaapse Fynbos-blommeryk'. Dit is perfek geposisioneer vir 'n vinnige wegbreek van die stad, waar die tyd stadiger verbygaan.

Die eenheid bied slaapplek aan 2 volwassenes en 2 kinders met vooraf reëling. Die eenheid beskik oor 1 slaapkamer met 'n dubbelbed en 'n badkamer met 'n toilet, wasbak en stort. Die groot oopplan-leefarea het gemaklike meubels en 'n dubbelslaapbank. Die kombuisie is met 'n mikrogolfoond, yskas, induksieplaat en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus.

Gaste kan gesellige aande langs die binnebraai deurbring. Dit is die perfekte plek om by die vuur op te warm. Of gaste kan op die onderdakbalkon met die verfrissende seebriesie en skilderagtige berguitsig ontspan. Indien gaste dit so verkies, kan tuisgemaakte etes ook bestel word. Veilige parkeerplek is ook beskikbaar.

Hier kan gaste heerlike toebroodjies met vars suurdeegbrood van die bekende Broodstories-bakkery skep aangesien die bakkery net om die draai geleë is. Daar is ook pragtige bergstaproetes binne 10 minute se stap van die eenheid af, en gaste kan ook lekker langs die strand gaan stap.

Kamer-opset

Kapasiteit: 2 Aantal kamers: 2 Aantal badkamers: 1
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Area 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelslaapbank
Badkamer

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Dataprojektor
  • Witborde

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Meer oor dié eenheid

  • Nie rook
  • Patio

Dienste

  • Koordlose internet

Badkamer

  • Stort
  • Seep

Eenheidgeriewe

  • Elektriese kombers
  • Klein kombuis
  • Sitkamer

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Stoof

Ekstras

  • Tee en koffie skinkbord

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 1 resensie vir Pilgrimsrus @ 7de Laan
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

CATHARINA Nuut op LekkeSlaap!

Eiendomme 1

Resensies 1

Op LekkeSlaap 2 maande

Ligging

  • 7de Laan 17, Kleinmond, 7195, Wes-Kaap
  • Gaste dink Pilgrimsrus @ 7de Laan het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R780
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R780
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 7de Laan 17, Kleinmond, 7195, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA438c9314dd309a8e09506d04d4bd5eccb6e7197d048c4d450f8b623b9686cd7b715f61ed535cd9cbe14191b3387add2d2e06?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R780 per nag, vir 2 mense 1 5 1 5 17 7th avenue Kleinmond 7195 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -34.339794628281 19.022811658729

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang