Portobelo 42
Kry 35% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Geldig vir verblyf vanaf 13 Jun 2024 tot 24 Nov 2024.
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Beach-boulevard Wes 18, Portobelo 42, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
-
Vanaf
R1 650R1 073 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Portobelo 42 Diaz Beach is 'n ruim selfsorgwoonstel in 'n veilige kompleks in Die Voorbaai in Mosselbaai. Dit is stapafstand vanaf die strand, gimnasium, waterpark, spa, restaurante en 'n inkopiesentrum.
Die woonstel is op die eerste verdieping en bied verblyf aan 4 gaste. Dit beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het ‘n koninggrootte-bed en ‘n en-suite-badkamer met ‘n stort. Die tweede slaapkamer het ‘n dubbelbed en die tweede badkamer het 'n bad en 'n stort. Alle linne en badhanddoeke word voorsien. Gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke saambring.
Die hoofleefarea het ‘n oopplan-uitleg en 'n kombuis wat volledig toegerus is met ‘n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware, asook 'n toonbank vir 3. 'n Wasmasjien en tuimeldroër is ook beskikbaar.
Die kombuis lei na 'n sitarea met gemaklike banke en 'n slim-TV met Netflix, Showmax, DStv, YouTube en Disney+. Gaste moet asb. hul eie besonderhede gebruik. Gratis WiFi word voorsien. Skuifdeure lei na 'n balkon met stoepmeubels en 'n Weber-braai, asook 'n uitsig oor die swembadarea en tuin.
Die kompleks het 'n gemeenskaplike swembad en braai-area. Veilige parkeerplek en 24 uur-sekuriteit is in die kompleks beskikbaar.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Speletjieskamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.9/5
Lizette Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 31
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Beach-boulevard Wes 18, Portobelo 42, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
- Gaste dink Portobelo 42 het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Voorbaai Mosselbaai Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Beach-boulevard Wes 18, Portobelo 42, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang