Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Potluck Cottage

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Piet Retief-straat 267, Sandbaai, 7200, Wes-Kaap
  • Vanaf R3 100 per nag, vir 6 mense

Beskrywing

Potluck Cottage is 'n pragtige selfsorgvakansiehuis wat ideaal geleë is in die hartjie van Sandbaai. Dit is 'n wonderlike opsie vir 'n kuswegbreek saam met familie en vriende, want dit spog met 'n verre see-uitsig en is stapafstand van die see af.

Dié eiendom bied gerieflike slaapplek vir 6 volwassenes en 2 kinders op 'n slag en beskik oor 4 slaapkamers en 1 badkamer. Die eerste 3 slaapkamers is elk ingerig met 'n dubbelbed, terwyl die vierde slaapkamer 2 enkelbeddens vir kinders het. 'n Stort-oor-bad, wasbak en toilet is in die badkamer beskikbaar. Alle linne en badhanddoeke word voorsien; gaste moet egter hul eie strandhanddoeke saambring.

Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, koffiemasjien, eetgerei en breekware asook 'n ontbyttoonbank met stoele. Vir gaste se gerief is 'n wasmasjien, skottelgoedwasser en tuimeldroër ook beskikbaar. Van die kombuis af lei 'n knus sitkamer met gemaklike sitplek, 'n kaggel en 'n TV met Netflix. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.

Hierdie sitkamer maak oop op 'n lieflike houtdek met 'n buite-eettafel, 'n sithoekie onder 'n sambreel asook 'n ingeboude braai wat 'n wonderlike plek is vir 'n skemerkelkie in die aand terwyl die vuur brand.

Kamer-opset

Kapasiteit: 6 Aantal kamers: 4 Aantal badkamers: 1
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 mense
2 xKinderbed vir 1
Badkamer

Stort-oor-bad, Toilet

Kenmerke

Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Fietsry

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Badkamer

  • Bad
  • Stort

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Michelle Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 1

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Piet Retief-straat 267, Sandbaai, 7200, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R3 100
per nag, vir 6 mense
Vanaf
Vanaf R3 100
per nag, vir 6 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Piet Retief-straat 267, Sandbaai, 7200, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA8016b05019007ece481a4e56216e1e7e4c8644e52ad06e738dae5596d1bcccfc55b9d947999c7e46937fcc416199e611875d?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 100 per nag, vir 6 mense 267 Piet Retief Street Sandbaai 7200 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.425611 19.192047

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang