Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Prickly Pear Boutique Guesthouse

Langtermynverblyf-aanbod 10% af

Kry 10% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 18 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Darlingstraat 19, Murraysburg, 6995, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 150 R1 035 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Prickly Pear Boutique Guesthouse bied gehalteverblyf in die plattelandse dorp, Murraysburg. Dit is naby klein winkels, Die Waenhuis en Oppiehoekie wat die enigste plaaslike koffiewinkels is, besienswaardighede en hoofsnelweë.

Verblyf is beskikbaar in die Blanca Prickly Pear met slaapplek vir 4 en die Zarca Prickly Pear bied slaapplek vir 2.

Die Blanca Prickly Pear het 2 en suite-slaapkamers wat elk 'n dubbelbed en gehaltelinne het, en daar is verwarmers, waaiers of lugversorging. Die badkamers het elk 'n stort of 'n bad. Daar is basiese selfsorggeriewe, asook koffie, tee, melk, suiker en vars beskuit en 'n verskeidenheid ontbytgrane en vars vrugte in die kombuis.

Die Zarca Prickly Pear is 'n oopplan-woonstel met 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Daar is gehaltelinne, handdoeke, sitplek vir 2 gaste in die leefarea en eetarea, en 'n kombuisie met verhit-en-eetgeriewe. ‘n Mini-eerlikheidskroeg, mikrogolf en koffie- en teemaakgeriewe word voorsien.

Die Fresno-eenheid beskik oor 2 slaapkamers wat elk 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet het. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Gehaltelinne word voorsien. Die oopplan-kombuis is met 'n gasstoof, mikrogolf, wasmasjien, yskas, koffie, tee, suiker en melk toegerus. Daar is 'n privaat braai-area op die stoep en veilige parkeerplek.

Sjerrie word gratis bedien met gaste se aankoms en 'n kaasbord is beskikbaar mits dit vooraf gereël word teen ekstra koste. Braaipakke is ook beskikbaar.

Die verblyf sluit 'n daaglikse skoonmaakdiens in wat gereël word met aankoms.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite Naby

  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Tee
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 31 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.9
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Samantha B
Saam met lewensmaat
5.0
Die moeite werd. Die kamer is baie mooi en beslis die moeite werd om hier oor te bly. Die eienaar is baie vriendelik en behulpsaam.
Jan 2024
Natasha M
Saam met lewensmaat
5.0
Vreeslik gemaklik en goeie waarde vir geld! Vreeslik lekker. Dit was baie mooi en netjies.
Des 2023
Frans P
Gesin met tieners
5.0
Baie aangenaam en rustig. Baie lekker en keurige akkommodasie, mooi toegerus en vriendelike diens.
Des 2023
Marquerite G
Saam met lewensmaat
5.0
Pragtige, saamvolle gerief. Prickly Pear was 'n aangename verrassing met al die nodige gerief, smaakvol afgerond. Die spesiale verwelkoming met vars b...
Sien meer
Okt 2023
Jessica P
Saam met lewensmaat
5.0
Delightful! Sophia goes above and beyond! Visiting Murraysburg was an adventure in itself. The quaint little room is well-equipped and ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jan 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Sophia Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 34

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Darlingstraat 19, Murraysburg, 6995, Wes-Kaap
  • Gaste dink Prickly Pear Boutique Guesthouse het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 150
R1 150 R1 035
per nag (plek vir 2)
Vanaf R1 150
R1 150 R1 035
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 18 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Darlingstraat 19, Murraysburg, 6995, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAa94aad15acb6358187a695fe003401f704ec990a17b0a27cf28ad5d059da347892430dab305d6c6f99121a853b139e012c93?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 150 nouVanaf R1 035 per nag (plek vir 2) 31 5 1 5 19 Darling Street Murraysburg 6995 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -31.960742441834 23.761697896602

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang