Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Puzzlebush Farmstay

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R516, Erfdeel 90 van Droegekloofplaas, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Vanaf R3 000 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Puzzlebush Farmstay is 20 km van Bela-Bela af op die Thabazimbi-pad. Dit bied verblyf aan 'n gesin of groep vriende en is naby talle aktiwiteite en besienswaardighede.

Die huis is geskik vir 8 gaste, kinders ingesluit. Dit het 4 slaapkamers en 'n oopplan-slaaparea. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede en derde slaapkamers het elk slaapplek vir 1 paartjie, die vierde slaapkamer het 'n enkelbed en die oopplan-slaaparea het 2 enkelbeddens. Die tweede badkamer het 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Daar is 'n gastetoilet.

Die oopplan-kombuis het 'n gasstoof oond, yskas-vrieskas, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware.

Die sitarea het gemaklike banke en die eetarea het genoeg sitplek waar gaste saam etes kan geniet. Daar is gratis WiFi beskikbaar.

Daar is 'n swembad en 'n lapa met braaigeriewe, asook veilige parkeerplek op die perseel.

Puzzlebush Farmstay is ideaal vir gaste wat opsoek is na 'n plaaservaring met luisterryke bome en vollop voëllewe. Die plaas het hoenders, bosbokke en rooibokke. Daar is bergfiets- en staproetes op die plaas. Hier gaan beurtkrag jou ook nie raak nie, alles is op son- en gaskrag.

Die plaas is naby gewilde Groot 5 wildreservate soos Mabula en Mabalingwe, asook die gewilde Adventure Family Ingilozi Adventure Park.

Gewilde gholfbane in die omgewing is Zebula en Elements Golf Estate. Ander besienswaardighede in die omgewing is Waterberg Zipline Adventures en Sondela Wildlife Sanctuary.

Kamer-opset

Kapasiteit: 8 Aantal kamers: 5 Aantal badkamers: 3
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 1 persoon
1 xEnkelbed / Driekwartbed
Area 1
Plek vir 1 persoon
1 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Bad, Toilet
Badkamer 2

Stort, Bad, Toilet
Badkamer 3

Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 30 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.7
Veiligheid
4.7
Wat gaste dink
Alewyn H
Saam met vriende
5.0
Great! Awesome! It was a nice experience and value for money.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Aug 2024
Sune J
5.0
Wonderful getaway. Absolutely wonderful, great value for money in a nice and quiet area!
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mei 2024
Tina T
Gesin met klein kinders
5.0
Beautiful farmhouse. My whole family had a wonderful and relaxing weekend away at the Puzzlebush Farmstay. I wish we could stay a littl...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Feb 2024
Darcelle D
Saam met vriende
5.0
Incredible and tranquil. Absolutely amazing. The accommodation was beautiful and catered for everything. The location, although hard to...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Des 2023
Monica S
Saam met vriende
5.0
Definitief die plek om jou batterye te herlaai. Ons het heerlik gekuier, kan dit baie beslis aanbeveel.
Nov 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Nanette Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 30

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • R516, Erfdeel 90 van Droegekloofplaas, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Gaste dink Puzzlebush Farmstay het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Waterberg Limpopo
Vanaf
Vanaf R3 000
per nag (plek vir 8)
Vanaf
Vanaf R3 000
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R516, Erfdeel 90 van Droegekloofplaas, Bela-Bela, 0480, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA5ce5940355aae66b44735c37d7beadc5f09fe924ebc1f87f6b7b5e1bde790803f30f66071f339a316ddf8bc1b05465a69dee?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 000 per nag (plek vir 8) 30 5 1 5 R516 Portion 90 of Droogekloof Farm 0480 Limpopo 021 201 8901 12:00-19:00 10:00 -24.856809782097 28.124292136291

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang