Reebok Rus
Kry 20% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 28 Mrt 2025 tot 1 Mei 2025.
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Noordsiglaan 55, Reebok, 6503, Wes-Kaap
-
Vanaf
R1 400R1 120 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Reebok Rus is in Reebok, 'n pragtige kusdorpie tussen Hartenbos en Mosselbaai, in die hartjie van die Tuinroete, naby die strand, hoofroetes, restaurante en winkels geleë. Reebok Rus spog met twee unieke, selfsorg eenhede op dieselfde perseel. Albei eenhede kan gesamentlik tot 10 persone huisves of afsonderlik bespreek word. 'n Troeteldiervriendelike beleid sorg dat dierekinders ook kan saamkuier! Ons blouvlagstrand met getypoele is 'n lushof vir kinders, en slegs 5minute vanaf Reebok Rus.
Wat Reebok Rus so spesiaal maak is die kunstige dekor en unieke,herwinde meubelment soos die "branderplank- buitestort" ideaal vir afspoel na 'n dag se baljaar op die strand!
Beide eenhede het gebruik van 'n ten volle omheinde grasperk en kruietuin met asemrowende uitsigte oor die Outeniqua Bergreeks.
EENHEID EEN: Die tweeslaapkamerwoonstel bied slaapplek aan 6 gaste, spog met 'n plaashuisstyl-gevoel en 'n manjifieke uitsig op die berg en melkplaas. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en lei na 'n dek met 'n uitsig op die berg en oor die platteland. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die stapelbed is in die oopplan leefarea geplaas. Gaste deel 'n volledige badkamer met bad en 'n stort.
Die oopplan-kombuis is volledig toegerus met 'n aparte yskas en vrieskas, stoof, mikrogolfoond, lugbraaier,koffiemasjien, wasmasjien en skottelgoedwasser. Etes kan by die toonbank of die groot etenstafel op die balkon geniet word. Die sitarea bied gemaklike sitplek en lei na die balkon waar daar braaigeriewe en 'n skilderagtige uitsig is. Daar is ook bordspeletjies,boeke en tydskrifte, gratis WiFi, volle DStv-pakket en 'n veerpyltjiebord in die eenheid.
EENHEID TWEE: Die eenslaapkamerwoonstel met koningingrootte-bed, is die perfekte keuse vir ‘n romantiese wegbreek vir 2 volwassenes of jong gesin met 2 klein kinders. Die leefarea het twee enkelslaapbanke. Die badkamer is volledig toegerus met 'n bad en stort. Die oopplan-kombuis het 'n aparte yskas-vrieskas, wasmasjien, mikrogolf, lugbraaier en kombuis-eiland-sitplek waar etes geniet kan word.
Dié eenheid loop uit op 'n lowergroen grasperk en kruietuin met asemrowende uitsigte oor die Outeniqua Bergreeks. Nog 'n gunsteling by gaste is die gesellige buitebraai en pitvuur area, omsoom met 'n tapisserie van organiese kruie, vars groente en geurige laventel – binne bereik om vleis op die vuur heerlik te geur en te braai! Volledig toegerus met roosters en al die nodige bykomstighede. Eet buite onder die buitelugafdak, kompleet met 'n ruim tafel en sagte sitplek met knus kussings.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Beryl Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 8
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Noordsiglaan 55, Reebok, 6503, Wes-Kaap
- Gaste dink Reebok Rus het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Noordsiglaan 55, Reebok, 6503, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang