Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Remkuil Gastehuise - Geloof en Hoop

  • Kapasiteit: 14 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs Mission-weg, Remkuil Plaas, Caledon, 7230, Wes-Kaap
  • Vanaf R700 per nag (plek vir 3)

Beskrywing

Remkuil Gastehuise - Geloof, Hoop en Liefde is op die oewer van die Swartrivier en bied selfsorgverblyf op 'n plaas in die Overberg net 20 km vanaf Botrivier en 31 km vanaf Greyton.

Hiér het gaste die keuse tussen die Geloof-eenheid met slaapplek vir 3, die Hoop-eenheid met slaapplek vir 5 en die Liefde-eenheid met slaapplek vir 6. Dit is dus ideaal vir 'n groep vriende en gesinne. Die huise maak gebruik van sonkrag en gasgeisers en beskik oor 1 of 2 slaapkamers met 'n kombuis. Die slaapkamers het dubbel- en enkelbeddens en elke huis het ’n aparte, privaat badkamer met ’n stort en toilet. Hoewel die badkamer 15 m ver is, word die paadjie saans belig.

Elke huis het 'n kombuisie wat met 'n tweeplaatstoof, mikrogolfoond, yskas, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n vuurmaakplek binne toegerus is. Gaste kan hul maaltye om die etenstafel geniet.

Parkeerplek is op 'n aparte erf wat omhein is beskikbaar. Vriendelike troeteldiere is welkom indien vooraf gereël word en moet aan leibande bly wanneer hulle stap. Vuurmaakhout is op die perseel te koop, maar gaste mag nie enige oop vure sonder toesig laat nie. Daar is 'n SAPD-plaaswag binne stapafstand vanaf die huise beskikbaar.

Die plaas bied piekniekplekkies in die veld, asook stap- en fietsryroetes. Verder kan gaste die lammertjies, skape en beeste besigtig. Plantseisoen is tussen April en Mei, en oesseisoen is tussen Oktober en November en dan kan gaste versoek om 'n rit op die stroper of trekker te neem teen 'n addisionele koste.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Aandete Op Versoek
  • Piekniekmandjies Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 17 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.9
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Wat gaste dink
Hannes V
Gesin met tieners
5.0
Perfek geleë om die area te verken. Dit was ons tweede besoek en was net so lekker soos ons vorige een en presies wat ons verwag het. Die huis was sil...
Sien meer
Aug 2024
Ena C
Saam met vriende
5.0
Waardeer vir geld. Vriendelike en behulpsame eienaars. Rustig plaas atmosfeer vir lang kuiers om die vuur of op die stoep. Beslis ons familie en vrien...
Sien meer
Apr 2024
Dena L
Saam met lewensmaat
5.0
Out of town cottage tranquility. What a wonderful place to stay. Toinette gave such great directions that we knew exactly where we were...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Feb 2024
Cecile B
Saam met lewensmaat
5.0
'n Stukkie Hemel Op Aarde! Jy land op 'n plaas waar jy net tot stilstand kan kom! Vryheid - Vrede - Vriendelikheid - Vreeslike Awesome Natuurskoon. 'n...
Sien meer
Aug 2023
Lynette V
Saam met lewensmaat
5.0
Vredevol & asemrowend. Ons was baie tevrede met als en sal beslis terug gaan vir 'n wegbreek, so perfek om net asem te haal en als om jou te waardeer....
Sien meer
Apr 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Toinette Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 17

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Langs Mission-weg, Remkuil Plaas, Caledon, 7230, Wes-Kaap
  • Gaste dink Remkuil Gastehuise - Geloof en Hoop het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Overberg Wes-Kaap
Vanaf
Vanaf R700
per nag (plek vir 3)
Vanaf
Vanaf R700
per nag (plek vir 3)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 14 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs Mission-weg, Remkuil Plaas, Caledon, 7230, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA507237a54043a7242d0cd3005509ee01193de2fca25342bada84c7b2b2568699cadc1351e8e8cec087a54dced905c3ac8865?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R700 per nag (plek vir 3) 17 5 1 5 Off Mission Road Remkuil Farm 7230 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -34.18495036349 19.377123679738

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang