Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Ria's Rest Self Catering Cottage

Selfsorg
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Louw Wepener-weg 19, The Islands, Sedgefield, 6573, Wes-Kaap
  • Vanaf R780 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Ria's Rest Self Catering Cottage is 'n bekoorlike woonstel in die eilandbewarea in Sedgefield. Dié ekosisteem is internasionaal as 'n Wêrelderfenisgebied erken en is die tuiste van die bedreigde Knysna-seeperdjies wat in die vlei rondom die eiland broei.

Die woonstel gebruik sonkrag, bied slaapplek aan 2 gaste en het 2 enkelbeddens en 'n badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Linne en handdoeke word voorsien.

Die oopplankombuis is met 'n yskas-vrieskas, broodrooster, induksie- en gasstoof, lugbraaier, mikrogolfoond, basiese eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Dit lei na die eetarea en die sitarea waar daar gemaklike stoele en 'n TV is. Veselinternet is ook beskikbaar.

Buite is daar 'n lieflike grasperk waar kinders kan speel en 'n gedeelde swembad aan die eienaar se kant van die perseel waarin almal kan afkoel.

Die woonstel is 10 minute se stap vanaf die water en is naby swem- en hondevriendelike strande, restaurante en die riviermonding geleë. Die kothuis spog met 'n uitsig op "Cloud 9" wat 'n internasionaal erkende valskermsweef-vertrekplek is. Die woonstel is ook stapafstand vanaf bekende markte, soos The Wild Oats-, Mosaic- en Scarab-mark. Net 8 minute se ry sal gaste na Gericke's Point neem, waar daar 'n rits rotspoele met seelewe is om te verken.

Kamer-opset

Slaapplek vir 2 mense 1 Slaapkamer 1 Badkamer, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Swembad
Troeteldiere op versoek
Mooi uitsig
TV
Verwarmer
Volledige kombuis
Braai
Vuurmaakhout
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 4 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Lynn Nuut op LekkeSlaap!

Eiendomme 1

Resensies 4

Op LekkeSlaap 9 maande

Ligging

  • Louw Wepener-weg 19, The Islands, Sedgefield, 6573, Wes-Kaap
  • Gaste dink Ria's Rest Self Catering Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 780
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 780
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Louw Wepener-weg 19, The Islands, Sedgefield, 6573, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA56d41767039d38f6419695884025d002d5aba29c04c4163949c9b7f4f5b2acf441253f1b7f055a6417074121a2cef2efa0e7?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R780 per nag (plek vir 2) 4 5 1 5 19 Louw Wepener Road The Islands 6573 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -34.016287865385 22.781300875825

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang