Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported
Waarheen is jy op pad?
Datums
2 Gaste

Rienslia

Gastehuis
  • Kapasiteit: 3 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Cape-straat 440, Framesby, Gqeberha (Port Elizabeth), 6045, Oos-Kaap
  • Vanaf R410 per nag, vir 1 mens

Beskrywing

Rienslia bied gerieflike selfsorgverblyf in Framesby in Gqeberha (Port Elizabeth). Die gastehuis is naby verskeie restaurante, winkelsentrums, die N2 en die middestad.

Verblyf word in 2 pragtige ruim slaapkamers in die gastehuis in 'n rustige tuin aangebied. Die slaapkamers deel 'n badkamer, aparte gaste-toilette, 'n sitkamer en 'n T-kamer met OpenView-kanale. WiFi is beskikbaar.

Rienslia was 'n sorgsentrum en het opritte en handrelings wat dit rolstoelvriendelik en veilig vir gaste met gestremdhede maak. Dié geriewe is ook in die badkamers en toilette beskikbaar.

Daar is 'n onderdak-eetarea en -sitarea buite, en verskeie versteekte plekkies in die tuin. Gaste se sekuriteit is top-prioriteit by Rienslia en daarom is daar streng toegangsbeheer.

Die gashere bied begeleide toere na Addo-olifant Nasionale Park, Tsitsikamma en die res van die Tuinroete, sowel as stadstoere met 'n Franse en Engelse toergids. Hulle weet besonders baie van die stad en Addo-olifant Nasionale Park.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 29 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Leonie D
5.0
Aangename skoon en netjiese verblyf. Baie lekker gebly. Aangename vriendelike gasvrou.
Jun 2024
Donn Pakamisa R
5.0
Comfortable, clean and homely. The place is a homely family space where the hosts are prepared to interact with guests. They take the t...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jun 2024
Kaedon W
5.0
Very friendly host . Great room, beautiful garden and decent parking.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mei 2024
Venessa P
Saam met lewensmaat
5.0
Eenvoudig, maar nogsteeds lieflik, menslik. Die ondervinding was baie wonderlik en die geselskap is goed. Jy word baie vriendelik verwelkom en ons het...
Sien meer
Mei 2024
John H
Saam met lewensmaat
4.8
Baie goeie waarde vir geld. Baie goed behandel en baie gaaf. Geniet.
Sep 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Riga Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 29

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Cape-straat 440, Framesby, Gqeberha (Port Elizabeth), 6045, Oos-Kaap
  • Gaste dink Rienslia het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 410
per nag, vir 1 mens
Vanaf
Vanaf R 410
per nag, vir 1 mens
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 3 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Cape-straat 440, Framesby, Gqeberha (Port Elizabeth), 6045, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAASxMmVKCIt3DMJ0yF4crBDeGKm2QqGqIK228IaHdnF6BJ3DWq7w?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R410 per nag, vir 1 mens 29 5 1 5 Cape Road Framesby 6045 Oos-Kaap 021 201 8901 12:00-20:00 10:00 -33.945206597967 25.517570932541

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Ma.Di.Wo.Do.Vr.Sa.So.
272829303112345678910111213141516171819202122232425262728123456789
Ma.Di.Wo.Do.Vr.Sa.So.
272829303112345678910111213141516171819202122232425262728123456789