Risibikibos
Kliek op enige tarief om 'n meer volledige prysberekening te sien.
Ekstra Fooie
Buiten die tariewe in die bostaande tabel hef die eiendom ook 'n eenmalige R750 skoonmaakfooi per bespreking.
Geniet afslag met hierdie spesiale aanbiedinge!
Ontdek uitstaande waarde met ons reeks spesiale aanbiedinge wat by hierdie eiendom beskikbaar is. *
Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2. Hierdie aanbod is altyd geldig. Dié aanbod is slegs vir pensioenarisse beskikbaar. B’s&V’s geld.
Kry 10% af op alle besprekings wat 3 dae of minder voor jou verblyf gemaak word. Hierdie aanbod is altyd geldig.
Bly 4 nagte en betaal slegs vir 3. Hierdie aanbod is altyd geldig. Dié aanbod is slegs vir pensioenarisse beskikbaar. B’s&V’s geld.
Kry 10% af vir verblyf wat 30 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
Prys sluit in
- Selfsorg
Breekskadedeposito
'n Terugbetaalbare breekskadedeposito van R2500 moet direk aan die eiendom betaal word.
Huisreëls
Geen partytjies of groot byeenkomste word toegelaat nie.
Die voorraad moet met aankoms deur die huurder nagegaan word en enige teenstrydighede moet binne 12 uur na aankoms aangemeld word. Indien geen tekorte of skade aangemeld word nie, sal die inhoud van die eenhede as korrek beskou word en die huurders sal verantwoordelik gehou word vir enige tekorte of breekskade wat ontstaan. Neem asb. kennis dat die eenheid eers geïnspekteer word nadat die huurder die perseel ontruim het.
Enige skade aan die verblyf sal vir die huurder se rekening wees.
Geen troues, partytjies of groot byeenkomste word toegelaat nie. Die aantal mense wat die perseel beset, mag nie die maksimum aantal gaste waarvoor die huis voorsiening maak, oorskry nie (insluitend kinders).
Gaste sal nie toegelaat word om die eenheid te betree of daar te bly nie wanneer hul getalle die maksimum aantal gaste per eenheid oorskry of die volle breekskadedeposito nie ontvang is nie.
Gaste en hul besoekers moet die bepalings en die reëls van die plaaslike munisipaliteit se verordeninge nakom om uitsetting van huurders of hul gaste te vermy. Die eienaar behou die reg voor om gaste te verwyder indien hulle dronk en wanordelik is of 'n versteuring veroorsaak, in welke geval gaste hul volle fooie verbeur.
Dit is 'n nie-rook verblyf. Gaste mag slegs buite die verblyf en op die dek rook. Enige skade as gevolg van rook sal deur die gas betaal moet word.
Geen troeteldiere word toegelaat tensy skriftelike goedkeuring gegee word nie.
Bring asb. strandhanddoeke, swart vullissakke, toiletpapier en skottelgoedwasmiddel saam.
Kansellasiebeleid
Meer as 1 maand voor die inkloktyd | 50%van die deposito word terugbetaal |
Meer as 2 weke voor die inkloktyd | 25%van die deposito word terugbetaal |
Minder as 2 weke voor die inkloktyd | 0%van die deposito word terugbetaal |
- Kapasiteit: 12 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Effingham Parade 29, Southbroom, Trafalgar, 4275, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang