Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Riviera Hotel & Chalets

  • Kapasiteit: 58 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Voortrekker-weg 134, Velddrif, 7365, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 140 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

The Riviera Hotel is op die Bergrivier geleë en kyk uit oor die vlei en sy volop voëllewe. Die Riviera-moddervlakte is moontlik een van Velddrif se bekendste voëlkykplekke en 'n groot verskeidenheid seldsame spesies is al hier gewaar.

Die hotel bied enkel- en dubbelkamers met en suite-badkamers, met sekere DStv-kanale en SABC-kanale. Die kamers is ruim en elkeen het 'n privaat, toegeruste patio met 'n asemrowende uitsig oor die Bergrivier. Die wittebrood-suite is ons trots en is toegerus met 'n spa en leefarea waar jy kan ontspan en die uitsig geniet.

Die Riviera Chalets is langsaan die hotel geleë, op die oewer van die Bergrivier. Die Riviera-moddervlakte is wyd bekend as 'n voëlkyk-bestemming en die uitkykpunt is stapafstand van die chalets af.

Elkeen van die 10 chalets is volledig toegerus vir selfsorg met 'n ingeboude braai-area en 'n patio wat uitkyk oor die vleiland en sy oorvloedige voëllewe. Elke eenheid het 'n oopplan-kombuis wat volledig toegerus is en 'n ruim leefarea. Daar is ook 'n TV met DStv- en SABC-kanale vir vermaak.

Daar is 2 eenslaapkamer-eenhede met volledige badkamers, 'n slaapkamer met 2 enkelbeddens en 'n slaapbank in die leefarea. Dié eenhede het slaapplek vir tot 4 gaste.

Die 8 tweeslaapkamer-eenhede, het 'n stort in die badkamers, 2 slaapkamers met 2 enkelbeddens elkeen en 'n slaapbank in die leefarea. Elke eenheid het slaapplek vir tot 6 gaste.

Parkeerplek is beskikbaar vir gaste se motors by die chalet, met veilige in- en uitgange. Die chalets is binne stapafstand van 'n supermark, restaurant, drankwinkel en kitskosrestaurant.

Die a la carte-restaurant, Die Pont, bied seekosdisse en 'n verskeidenheid plaaslike disse. Ontbyt, middagete en aandete word hier bedien. Ons is bekend vir ons Sondag middagete-buffet - gaste moet bespreek.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Resensies

4.2/ 5

Gebaseer op 63 resensies

Baie goed

Netheid
4.1
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.0
Diens
4.0
Veiligheid
4.3
Gaste se hoogtepunte
Hs B
Saam met lewensmaat
5.0
Baie lekker. Baie aangenaam met goeie personeel.
Jun 2024
Elaine E
5.0
Was uitstekend. Ek het heerlik gerus. Het dit nodig gehad. Sal graag wil gee om die verblyf te kan opgradeer.
Mei 2024
Trish M
Saam met lewensmaat
5.0
Excellent - Will definitely be back. See stars.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mei 2024
Reinette P
Saam met lewensmaat
5.0
Was regtig baie lekker. Baie baie lekker gebly.
Nov 2023
Andries D
Saam met vriende
5.0
Tweeslaapkamer-selfsorgchalet langs Bergrivier met uitsig op water. Gerieflike tweeslaapkamer-selfsorgchalet met een badkamer en binnebraai. Ruim, net...
Sien meer
Jan 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.1/5

Cindi Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 176

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • Voortrekker-weg 134, Velddrif, 7365, Wes-Kaap
  • Gaste dink Riviera Hotel & Chalets het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Velddrif Weskus Wes-Kaap
Vanaf
Vanaf R 1 140
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 1 140
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 58 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Voortrekker-weg 134, Velddrif, 7365, Wes-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA0caaeb84b50c02796325e14167ff21dab272339d523de16154457af6342d4a5987c5f9f2431e3837e601efb4726c87fbd2c4?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 140 per nag, vir 2 mense 63 5 1 5 134 Voortrekker Road Velddrif 7365 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-22:00 10:00 -32.786858394298 18.169570878543

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang