Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Rondegat Cottages

  • Kapasiteit: 41 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Ou Kaapse Weg, Clanwilliam, 8135, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 400 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Rondegat Cottages is op 'n sitrusplaas langs die Clanwilliamdam geleë, wat gewild is vir watersport en visvang. Daar is 'n 14 km lange grondpad vanaf die N7 tot by die kothuise.

Verblyf is beskikbaar in goed toegeruste selfsorgkothuise met mooi uitsigte oor die dam en in 'n privaat huis, genaamd Lake View House, met 3 slaapkamers. Die kleinste kothuis het sy eie plonspoel en die ander kothuise het toegang tot 'n gemeenskaplike swembad. Beddegoed word voorsien, maar nie handdoeke nie.

In die lente kan besoekers hul verlustig in die duisende lieflike blomme in Clanwilliam, die Biedouw-vallei en die omliggende areas. Die area is 'n paradys vir voëlkykers en jy kan gereeld die roep van visvalke oor die water hoor galm. 'n 4x4-roete van 15 km kronkel deur die fynbos en bied pragtige uitsigte oor die berg en die vallei.

Bote kan gratis te water gelaat word op die dam by Rondegat. Daar is ook 2 kano's beskikbaar wat gaste kan gebruik, so onthou om jou visstok saam te bring! (Let asb. op dat die watervlak laag is gedurende die somer. Doen asb. navraag oor bote te water laat.) Gaste kan hul eie bergfietse en bote saambring of langs die swembad ontspan en die stilte van hierdie gesinsoord geniet.

Rondegat is net 14 km van Clanwilliam af en dit is die ideale basis vir daguitstappies na die noordelike en suidelike dele van die Cederberge, Lambertsbaai en na Elandsbaai.

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
Swembad
Troeteldiere op versoek
Mooi uitsig
Grondpad

Resensies

4.3/ 5

Gebaseer op 115 resensies

Baie goed

Netheid
4.3
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.2
Diens
4.3
Veiligheid
4.6
Gaste se hoogtepunte
Alida V
Gesin met klein kinders
5.0
Baie ontspannend en rustig. Uitstekende uitsig, en baie netjiese eenheid. Ek is nie seker hoe die ander eenhede by Rondegat lyk nie, maar hierdie een ...
Sien meer
Sep 2024
Alta B
Saam met lewensmaat
5.0
Baie rustig en stil. Lieflike uitsig oor die dam. Ons het baie lekker gebly. Skoon en netjies. Sal enige tyd weer daarheen gaan.
Sep 2024
Esther S
Saam met vriende
5.0
Rustige natuur, skoon. Baie, baie lekker en rustig. Ons gaan beslis weer.
Sep 2024
Christo P
Saam met vriende
5.0
Mooi uitsig op die dam en berge. Rustige verblyf in stil omgewing in stil tyd van die jaar.
Sep 2024
Herman H
Gesin met tieners
5.0
Heerlik, netjies, goed toegerus, mooiste uitsigte. Beste wegbreek wat ons in 'n lang tyd gehad het. Die eienaars is baie vriendelik en die verblyf was...
Sien meer
Aug 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.3/5

Anne-Marie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 115

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Ou Kaapse Weg, Clanwilliam, 8135, Wes-Kaap
  • Gaste dink Rondegat Cottages het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 400
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 1 400
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 41 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Ou Kaapse Weg, Clanwilliam, 8135, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDQ4YmNkMmRlLTRjMWMtNDJjNS1iMWIwLTI3NDY5MTNkZTFmNg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 400 per nag, vir 2 mense 115 5 1 5 Ou Kaapse Weg Clanwilliam 8135 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 09:00 -32.265452830534 18.937093019485

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang