Rondevoux 29
Kliek op enige tarief om 'n meer volledige prysberekening te sien.
Ekstra Fooie
Buiten die tariewe in die bostaande tabel hef die eiendom ook 'n eenmalige R600 administrasiefooi per bespreking.
Prys sluit in
- Selfsorg
Breekskadedeposito
'n Terugbetaalbare breekskadedeposito van R1000 moet direk aan die eiendom betaal word.
Huisreëls
- Die terugbetaalbare breekskadedeposito moet 2 weke voor aankoms betaal word en is nie ingesluit by die tarief nie.
- Streng reëls geld vir enige geraas, 'n Boete sal gehef word vir enige geraas klagtes.
- Let asb. dat 'n R600-adminfooi ingesluit is by die tarief.
- Die terugbetaalbare breekskadedeposito van R1000 moet voor die inklokdatum betaal moet word en is nie by die tarief ingesluit nie.
- Die huurooreenkoms sal na die deposito betaal is aan die gas gestuur word en dit moet ingevul en teruggestuur word voor die inklokdatum. Geen sleutels sal oorhandig word sonder die nodige dokumentasie wat aan die eienaar terugbesorg is nie.
- Die breekskadedeposito sal binne 14 dae na die uitklokdatum terugbetaal word, minus enige aftrekkings vir breekskade.
- Sou die eiendom opsetlik, of per ongeluk beskadig word, stem gaste in om vir enige vermelde skade te betaal indien dit die bedrag van die breekskadedeposito oorskry.
- Sou gaste by die perseel aankom en opmerk dat daar skade is, is dit die gas se verantwoordelikheid om die eienaar onmiddelik daarvan in kennis te stel.
- Die breekskadedeposito sal gehou word en in die rekening wat deur gas verskaf is, betaal word.
- Onthou asb. om rekeningbesonderhede aan die eienaar via e-pos te stuur.
- Maak asb. seker dat die uitstaande balans in die bestuurder se bankrekening reflekteer ten minste 7 dae voor die inklokdatum.
- Gaste moet asb. nie die maksimum hoeveelheid gaste wat in die eenheid toegelaat word, oorskry nie. Indien gaste versuim om aan hierdie versoek te voldoen, sal gaste nie meer op die perseel toegelaat word nie en ook nie terugbetaal word nie en 'n kennisgewingtydperk sal ook nie gegee word nie.
- Rook is verbode binne die eenhede, woonstelle of huise en indien hierdie reël oortree word, sal gaste die volledige breekskadedeposito verbeur.
- 'n Skoonmaakdiens is beskikbaar op versoek en teen 'n addisionele fooi. Dit moet voor aankoms gereël word.
- Let asb. dat skoonmaakdienste nie op Sondae en openbare vakansiedae beskikbaar is nie.
- Die eienaar kan nie aanspreeklik gehou word vir enige verlies of ongerief aan gaste weens enige dade buite hulle beheer nie. In die geval dat enige toestel buite werking is, sal hulle nie verantwoordelik gehou kan word vir die vervanging daarvan nie.
Moenie vergeet om die volgende saam te bring nie:
- Swem- en badhanddoeke.
- DStv-dekodeerder met afstandbeheer en slimkaart.
- Eie skoonmaakmiddels en toiletpapier.
Kansellasiebeleid - Pasgemaak
In sekere gevalle, wanneer 'n deposito betaal is en die gas wil kanselleer, geld 'n nie-terugbetaalbare kansellasiefooi van R500 op alle kansellasies. Dit is bo en behalwe die persentasie wat reeds vermeld is as die kansellasiefooi.
Meer as 1 maand voor die inklokdatum: 50% van die deposito is terugbetaalbaar.
Meer as 2 weke voor die inklokdatum: 25% van die deposito is terugbetaalbaar.
Minder as 2 weke voor die inklokdatum: 0% van die deposito is terugbetaalbaar.
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Harley-straat 3145, Margate, 4275, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang