Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Roos Kothuis aan't See

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Malgasstraat 4, Vermont, 7201, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 300 per nag (plek vir 7)

Beskrywing

Roos kothuis aan’t See is ’n selfsorgeenheid in die kusdorp Vermont in die Overberg geleë en 'n ideale plek vir 'n rustige wegbreek. Dit is slegs 300 m van die see en seepaadjie af en het ’n pragtige uitsig oor die see aan die voorkant en die berg aan die agterkant. Die huis lê teen ’n groenstrook en is aan die einde van ’n stil doodloopstraat wat ’n rustige wegbreek waarborg.

Dié dubbelverdiepingkothuis beskik oor 'n volledig toegeruste kombuis, kaggel, privaat braai-area, WiFi en alarmstelsel.

Die onderste verdieping beskik oor 3 dubbelslaapkamers waarvan 1 slaapkamer 'n en suite-badkamer met 'n stort het. Dié slaapkamer het ’n uitsig oor die olyfbome en die agtertuin. 'n Elektriese kombers word tydens die winter voorsien. Daar is genoeg kasspasie. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en ’n uitsig oor die voortuin. Hier is ook 'n elektriese kombers vir die winter en genoeg kasspasie. Die derde slaapkamer is die kleinste kamer en het 2 enkelbeddens met'n uitsig oor die braai-area. Daar is ook 'n aparte badkamer met ’n bad wat deur twee van die onderste kamers gedeel word. Linne, haardroërs en badhanddoeke word voorsien.

Die onderste leefarea het 'n oopplan-uitleg en die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, stoof, oond, wasmasjien, tuimeldroër en skottelgoedwasser toegerus. Die sitkamer het gemaklike rusbanke, stoele en 'n smeulstofie vir koue wintersaande. Die eetarea het 'n etenstafel met sitplek vir 8 gaste.

Die vierde slaapkamer is op die boonste verdieping, dit het ’n pragtige see-uitsig en 'n en- suite badkamer met ’n stort. Die leefarea op die boonste verdieping het ’n knus TV-hoekie, en 'n pajama-sitarea wat na ’n balkon met gemaklike sitplekke lei. Die balkon spog met pragtige uitsigte oor die groenstrook, Vermontberg en die see. Om koffietyd maklik te maak is daar ook ’n koffie-en-tee stasie in die boonste leefarea. ’n Nespresso-masjien en dompelkoffiepot word voorsien.

Daar is ’n privaat braai- area agter die huis met ’n etenstafel vir 8.
Vir vermaak is daar verskeie bordspeletjies, inkleurboeke vir kinders, asook verf en kwaste.
Vir die strand word strandhanddoeke, strandstoele, sambrele en mandjies voorsien.

Verskeie restourante, wynplase en markte kan in die omgewing besoek word. Daar is ook ’n groot aantal wandel en bergfietsroetes in die omgewing.
Onrusstrand is die naaste swemstrand en is 'n Blouvlagstrand. Die Breakfastbaai-strandjie is ook naby die huis en is ideaal vir 'n piekniek.

Die wandelpad langs die see is naby en dit loop verby die Jan Rabie-getypoel en die Davies-getypoel tot by Onrus-strand.

Roos Kothuis is nie geskik vir partytjies en funksies nie, maar wel vir 'n rustige wegbreek en gesinsvakansies.

Kamer-opset

Kapasiteit: 7 Aantal kamers: 4 Aantal badkamers: 3
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 1 persoon
1 xEnkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 3
Stort, Toilet
Badkamer 2
En-suite  - Slaapkamer 4
Stort, Toilet
Badkamer 3

Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af
  • Parkering Op Die Straat

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort
  • Seep

Eenheidgeriewe

  • Verekombers
  • Elektriese kombers
  • Waaier

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 20 resensies vir Roos Kothuis aan't See
Netheid
5.0/5
Diens
4.9/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.9/5

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Ida Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 20

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Malgasstraat 4, Vermont, 7201, Wes-Kaap
  • Gaste dink Roos Kothuis aan't See het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 300
per nag (plek vir 7)
Vanaf
Vanaf R2 300
per nag (plek vir 7)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 7 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Malgasstraat 4, Vermont, 7201, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDcyYzI4NTlkLTA4NDUtNDY2Zi1hMTcxLWE1NDk5NWM1ODVkNw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 300 per nag (plek vir 7) 20 5 1 5 4 Malgas Street Vermont 7201 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.419444444444 19.150555555556

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang