Rudy's
Kry 35% af vir verblyf wat 30 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Kapasiteit: 12 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 13:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Pretoriusstraat 28, Meyerton, 1961, Gauteng
-
Vanaf
R790R514 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Rudy's is 'n selfsorggastehuis in Meyerton, 50 km vanaf Johannesburg. Rudy's bied 'n verskeidenheid dienste, geriewe en warm gasvryheid.
Gerieflike verblyf word in 2 eenslaapkamerkothuise en 3 gastekamers aangebied. Elke kamer en kothuis is smaakvol versier. Elke kothuis het sy eie badkamer, yskas-vrieskas, kombuisie, opwasarea, gasstoof, sitarea, 'n TV met Netflix en lugversorging. Gaste in die kothuise het toegang tot 'n gemeenskaplike braai- en kuierarea.
Elke gastekamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Daar is ook 'n yskassie,
tee- en koffiemaakgeriewe, 'n waaier, 'n TV met Netflix en YouTube. WiFi is ook beskikbaar. 'n Daaglikse skoonmaakdiens word voorsien.
Die gastehuis maak van sonkrag gebruik en gaste word versoek om krag spaarsamig te gebruik.
Rudy's bied 'n swembad, braaigeriewe, 'n kuierarea langs die swembad en 'n fliekkamer. 'n Pendeldiens vanaf O.R. Tambo Internasionale Lughawe of Lanseria Internasionale Lughawe kan op versoek en teen 'n ekstra koste gereël word. Maaltye kan op versoek voorsien word.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Rudi Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 50
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Pretoriusstraat 28, Meyerton, 1961, Gauteng
- Gaste dink Rudy's het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 12 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 13:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Pretoriusstraat 28, Meyerton, 1961, Gauteng
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang