Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported
Waarheen is jy op pad?
Datums
2 Gaste

Rus & Dal

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 5 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kriekstraat 365, Rosendal, 9720, Vrystaat
  • Vanaf R700 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Rus & Dal bied troeteldiervriendelike selfsorgverblyf in Rosendal in die Vrystaat.

Gaste kan Jangroentjie met slaapplek vir 2 volwassenes en 1 kind of Troupant met slaapplek vir 2 bespreek, en albei eenhede bied uitsigte op die Witteberge. Die oopplan-eenhede het koningingrootte-beddens en en suite-badkamers met storte en toilette. Linne en badhanddoeke word voorsien.

Elke kombuisie is met 'n yskas, mikrogolfoond, stoof en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook WiFi en kaggels, maar let daarop dat die eenhede nie TV's het nie.

Alhoewel die eenhede langs mekaar geleë is, is elke eenheid privaat omhein vir troeteldiere. Die eenhede word Maandae en Woensdae skoongemaak.

Gaste kan die dorp verken en al die geboue en huise bewonder, die plaaslike kunsgalerye en kafees besoek, bergfietsry, of die Mosamane-staproete aandurf.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 38 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.9
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Noldus G
5.0
Sal beslis weer daar kom oorslaap. Baie vriendelike ontvangs en skoon geriewe.
Mrt 2025
Herman D
Saam met lewensmaat
5.0
Baie rustig, netjies en vriendelik. Baie vriendelike gasheer, ons het baie lekker gebly.
Jan 2025
Anton R
Saam met lewensmaat
5.0
Baie gemaklike, skoon verblyf met alles wat nodig is. Netjies, skoon met al die nodige geriewe. Reisigers wat televisie vereis, sal dit 'n leemte vind...
Sien meer
Nov 2024
Roger J
5.0
Quite and peaceful. Friendly service, everything functioned properly, adequate parking under cover.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Okt 2024
Bianca D
Saam met lewensmaat
5.0
Sal aanbeveel vir vriende en familie. Baie oulike gasheer. Pragtige uitsig.
Sep 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Mike Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 38

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Kriekstraat 365, Rosendal, 9720, Vrystaat
  • Gaste dink Rus & Dal het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 700
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 700
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 5 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kriekstraat 365, Rosendal, 9720, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAfadccc460b17e51673d53160b16ae627455de871fd07d881cc27bdc8c218c63fb0a60c944a76d2768a4867828403f2b4c206?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R700 per nag (plek vir 2) 38 5 1 5 365 Kriek Street Rosendal 9720 Vrystaat 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -28.506947884592 27.940936088562

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Ma.Di.Wo.Do.Vr.Sa.So.
311234567891011121314151617181920212223242526272829301234567891011
Ma.Di.Wo.Do.Vr.Sa.So.
311234567891011121314151617181920212223242526272829301234567891011