Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Safari Villa 9 @ Buff and Fellow

Wildsplaas
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R102, Diepekloof-plaas 226 Deel 62, George, 6535, Wes-Kaap
  • Vanaf R6 950 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Safari Villa 9 @ Buff and Fellow is 'n pragtige selfsorgvilla op 'n boetiekwildsplaas in George. Die eksklusiewe villa kombineer luuksheid met die Afrika-wildernis se natuurskoon en is daarom 'n ideale wegbreek vir gesinne en vriende.

Die villa bied slaapplek aan 4 volwassenes en 4 kinders en beskik oor 2 en suite-slaapkamers. Albei slaapkamers het koninggrootte-beddens en slaapplek vir 2 kinders op 'n tussenverdieping. Elke en suite-badkamer het 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Sagte duvets, skoon, wit linne en handdoeke word voorsien. Die villa het ook 'n buitestort met 'n asemrowende uitsig oor die golwende heuwels.

Die oopplan-leefarea se kombuis is met 'n pizza-oond, stoof, oond, mikrogolf, eetgerei, breekware, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n skottelgoedwasser toegerus. Daar is ook 'n etenstafel met sitplek vir 6 en 'n sitarea met 'n L-vormige rusbank, 'n TV met Netflix en die volle DStv-pakket, asook gratis WiFi.

Glasskuifdeure bied toegang tot 'n onderdakstoep met 'n ingeboude braai, 'n etenstafel met sitplek vir 6, 'n houtvuurwarmbad met 'n uitsig oor 'n watergat waar die reservaat se wild te sien is, en 'n sitarea met 'n panoramiese uitsig oor die reservaat. Veilige parkeerplek is beskikbaar.

Kamer-opset

Slaapplek vir 8 mense 2 Slaapkamers 2 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

4

1 x Koninggrootte-bed

2 x Kindermatras vir 1

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

4

1 x Koninggrootte-bed

2 x Kindermatras vir 1

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Bosstaproete
Wildritte
Alle maaltye beskikbaar
Ontbyt beskikbaar
Mooi uitsig
Grondpad
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
Kombuisie
DStv
Stroomdienste
Braai
Kamerdiens
Balkon
Stoep/Binnehof
Werkspasie
Voorsiening vir beurtkrag

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Frikkie Geverifieer

Eiendomme 10

Resensies 47

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • R102, Diepekloof-plaas 226 Deel 62, George, 6535, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

George Wes-Kaap
Vanaf
Vanaf R 6 950
per nag (plek vir 8)
Vanaf
Vanaf R 6 950
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R102, Diepekloof-plaas 226 Deel 62, George, 6535, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA63e29f4ebae3e594919cec71e3aaf31410a6a3f06366c10bee45e7a3e62861c471f185d3fea2b9d6b3f817c89dd8ab65a168?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R6 950 per nag (plek vir 8) R102 Diepekloof Farm 226 Portion 62 6535 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -34.023450880069 22.304591415791

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang