San Lameer Villa 1902
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R61 San Lameer Estate, San Lameer Villa 1902, Laer Suidkus, 4277, KwaZulu-Natal
- Vanaf R1 770 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
San Lameer Villa 1902 is op San Lameer Estate aan die Suidkus van KwaZulu-Natal. Dié subtropiese paradys is ryk met wild, fauna, flora en voëllewe, en bied iets vir die hele gesin. Dié 200 hektaar natuurreservaat het 'n 18 putjie-kampioenskapgholfbaan, 'n hotel met 'n spa, restaurant en kroeg, luukse villas en bied direkte toegang na Blouvlagstrande.
Die villa het lugversorging, bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens wat op versoek in 'n koninggrootte-bed omskep kan word en 'n en suite-badkamer met 'n stort-oor-bad, toilet en 'n wasbak.
Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en het 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Daar is 'n ontbyttoonbank met sitplek vir 4, 'n gemaklike sitkamerstel in die sitarea en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale.
Die leefarea lei na 'n patio-area met 'n etenstafel en braaigeriewe.
Die villa het 'n watertenk en 'n omsetter vir die TV en DStv.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort-oor-bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Marieta Geverifieer
Eiendomme 100+
Resensies 82
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- R61 San Lameer Estate, San Lameer Villa 1902, Laer Suidkus, 4277, KwaZulu-Natal
- Gaste dink San Lameer Villa 1902 het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R61 San Lameer Estate, San Lameer Villa 1902, Laer Suidkus, 4277, KwaZulu-Natal