San Lameer Villa 2908
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: San Lameer Estate R61, San Lameer Villa, Laer Suidkus, 4277, KwaZulu-Natal
- Vanaf R3 920 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
San Lameer Villa 2908 is 'n eksklusiewe selfsorgvilla op die San Lameer-landgoed. Hierdie subtropiese paradys spog met wild, fauna, flora en voëls. Dit is aan die Suidkus van KwaZulu-Natal geleë en bied iets aan die hele gesin. Dié natuurbewaringsgebied van 200 hektaar spog met 'n 18 putjie-kampioenskapgholfbaan; 'n hotel met 'n spa, restaurant en kroeg; luukse villa's en direkte toegang tot 2 blouvlagstrande.
Dié smaakvol ontwerpte villa het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die ander 2 slaapkamers is op die boonste verdieping en het elk 'n dubbelbed. Gaste in hierdie slaapkamers deel 'n badkamer 'n stort, toilet en 'n wasbak. Alle slaapkamers het 'n TV. Gehaltelinne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.
Die leefarea het lugversorging en beskik oor 'n sitarea, eetarea en 'n kombuis. Die kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, wasmasjien, tuimeldroër, koffie- en teemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus. Die eetarea het 'n etenstafel met sitplek vir 4 gaste. Die sitarea het gemaklike rusbanke, 'n koffietafel en 'n TV met DStv. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.
Die leefarea lei na 'n onderdakstoep wat met 'n asemrowende uitsig oor die see en lowerryke omgewing spog. Die stoep het 'n braai, TV en 'n etenstafel vir 'n buitelug-eetervaring. Toegang tot gratis, veilige parkeerplek is beskikbaar.
Gaste kan by die landgoed se gemeenskaplike swembaddens ontspan of hulself met 'n pragtige uitsig bederf. San Lameer bied ook 'n uitgestrekte lowerryke omgewing, tuine vir piekniek, speelarea vir kinders, fietse wat te huur is, 'n vis- en 'n voëlkykdam. Gaste kan ook die gemeenskaplike braai-areas en staproetes geniet.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Marieta Geverifieer
Eiendomme 100+
Resensies 80
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- San Lameer Estate R61, San Lameer Villa, Laer Suidkus, 4277, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Sanlameer Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: San Lameer Estate R61, San Lameer Villa, Laer Suidkus, 4277, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang