San Lameer Villa 2910
Kliek op enige tarief om 'n meer volledige prysberekening te sien.
Ekstra Fooie
Buiten die tariewe in die bostaande tabel hef die eiendom ook 'n eenmalige R550 administrasiefooi per bespreking.
Breekskadedeposito
'n Terugbetaalbare breekskadedeposito van R1000 moet direk aan die eiendom betaal word.
Huisreëls
Die eenheid bied slaapplek aan 7 gaste, maar die 7de gas moet jonger as 6 jaar wees, soos deur die landgoed gestipuleer.
Toegangsfooie vir 2 voertuie is by die prys ingesluit.
Ekstra voertuie word R100 per voertuig gehef.
Linne word voorsien en slegs vervang vir verblyf langer as 5 dae.
Badhanddoeke word voorsien en word elke Maandag, Woensdag en Vrydag vervang.
Ekstra linne en handdoeke kan teen 'n ekstra fooi gereël word.
Gaste moet hul eie strandhanddoeke saambring.
Skoonmaakdiens:
Stilseisoen: Slegs Maandag, Woensdag en Vrydag. Indien gaste ekstra dae benodig, moet hulle die gashere daarvan in kennis stel. Dit kan teen 'n ekstra fooi gereël word.
Middel- en spitsseisoen: Daagliks, behalwe op Sondae en openbare vakansiedae.
All besprekings vir Desember en Januarie moet 1 maand voor inklok ten volle betaal word.
Betalings kan nie by die landgoed gemaak word nie. Rekeninge moet asb. vooraf betaal word.
Deur hierdie eenheid te bespreek, aanvaar gaste die bepalings en voorwaardes, sowel as die huisreëls van die landgoed.
Motorfietse word nie op die landgoed toegelaat nie en vooraf reëlings moet getref word indien gaste motorfietse op die landgoed wil parkeer.
Indien gaste hul bespreking wil kanselleer sal die eiendom die volle bedrag terugebetaal, mits die bespreking vervang kan word. Die administrasiefooi sal nie terugbetaal word nie.
Suid-Afrika ervaar tans beurtkrag wat alle gebiede raak, insluitend die Suidkus. In die verlede het San Lameer geleenthede gehad waar die Eskom-kragbokse in Marina Beach afgesny het en die landgoed vir ’n dag sonder krag gelaat het. Ons is nie in staat om hierdie gebeure te voorspel nie en dit is buite ons beheer. Wees asb. voorbereid.
Strande word deur weeklikse toetse om te bepaal of dit veilig is om te swem of nie beïnvloed en daar kan nie gewaarborg word dat die strand oop sal wees vir swem nie.
Die UGU Munisipaliteit het seisoenale probleme met watervoorsiening aan die Suidkus, wat verblyf kan beïnvloed. Alhoewel San Lameer boorgate en opgaartenks het, maak hulle steeds op die voorsiening van die munisipaliteit staat. Dit is baie belangrik om daarop te let dat die eienaars/bestuurders nie watertoevoer kan beheer of voorspel nie, maar dat hulle gaste in kennis sal stel indien daar ’n verwagte probleem is.
Neem asb. kennis dat die eienaars/bestuurders ongelukkig nie terugbetalings kan maak indien so ’n geval voorkom nie en gaste word aangeraai om die saak met die verwante diensverskaffer op te neem, of alternatiewelik nie die eenheid te bespreek nie.
Alle besprekings is onderhewig aan die bepalings en voorwaardes van Top Destinations.
Kansellasiebeleid - Pasgemaak
Meer as 1 maand voor die inkloktyd | 5%van die deposito word terugbetaal |
Minder as 1 maand voor die inkloktyd | 0%van die deposito word terugbetaal |
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs die R61, San Lameer, Southbroom, 4281, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang