San Lameer Villa 5909
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hoofweg, San Lameer Estate, Southbroom, 4277, KwaZulu-Natal
- Vanaf R9 844 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
San Lameer Villa 5909 is 'n eksklusiewe selfsorgvilla op San Lameer Estate, aan die Suidkus van KwaZulu-Natal Natal, met wild, fauna, flora en voëls. Die natuurbewaringsgebied van 200 hektaar spog met 'n 18 putjie-kampioenskapgholfbaan, 'n hotel met 'n spa, restaurant en kroeg, en bied direkte toegang tot 2 Blouvlagstrande.
Dié villa het slaapplek vir 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers en 4 badkamers. Elke slaapkamer het 2 driekwartbeddens wat op versoek saamgeskuif kan word. Elke badkamer het 'n stort, wasbak en toilet. Twee van hierdie badkamers is en suite-badkamer op die boonste verdieping. Gehaltelinne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.
Die leefarea het lugversorging en beskik oor 'n kombuis met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware, asook 'n toonbank met stoele. 'n Skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër is beskikbaar. Die kombuis lei na 'n etenstafel met oorgenoeg sitplek vir almal om hul etes saam te geniet. Die knus sitarea het gemaklike sitplek en 'n TV met DStv. Gratis WiFi is beskikbaar.
Hierdie spasie het ook 'n pooltafel vir gaste om te gebruik. Die stapeldeure lei na 'n stoep met 'n sithoekie, 'n etenstafel en 'n ingeboude braai. Hierdie stoep lei na 'n houtdek met 'n swembad en sonstoele. Verder het hierdie villa 'n Jacuzzi.
Gaste kan by die landgoed se gemeenskaplike swembaddens ontpan of die pragtige uitsigte geniet. San Lameer bied ook lowerryke omgewings, tuine vir piekniek, 'n speelarea vir kinders, fietse te huur, 'n visdam en 'n voëlkykdam. Gaste kan ook die gemeenskaplike braai-areas en staproetes geniet.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Spa-behandelinge
- Swembad
- Jacuzzi
- Braaiplek
- Masseer- en Skoonheidsterapie
- Restaurant op Perseel
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gimnasium
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Aktiwiteite Naby
- Perdry
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Zoeloe
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- American Express
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- En-suite
- Jacuzzi
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Gedeelde dstv
- Tv
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Marieta Geverifieer
Eiendomme 100+
Resensies 76
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Hoofweg, San Lameer Estate, Southbroom, 4277, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Southbroom Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hoofweg, San Lameer Estate, Southbroom, 4277, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang