Sandy Toes
- Kapasiteit: 3 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 20:00 - Adres: Duke-straat 14, Onrus, Hermanus, 7201, Wes-Kaap
- Vanaf R1 250 per nag (plek vir 3)
Beskrywing
Salty Toes is 'n bekoorlike selfsorg-eenheid op die eienaar se perseel en is ideaal vir 'n paartjie, sakereisiger of gaste wat op soek is na 'n ontspanne wegbreek.
Dié kothuis bied gerieflike slaapplek aan 2 volwassenes en 1 kind en het 'n dubbelbed en 'n enkelmatras. Dit bied oorgenoeg kasruimte en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en toilet. Linne en handdoeke word voorsien.
Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, 'n tweeplaatstoof, oond, mikrogolf, basiese eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n wasmasjien. Die kombuis het 'n eetarea en lei na die sitarea met gemaklike rusbanke en 'n TV, asook 'n kaggel. Gratis WiFi is beskikbaar.
Gaste het toegang tot 'n stoep met 'n braai-area, 'n tuin en veilige parkeerplek op die perseel. Die eenheid is stapafstand vanaf die getypoele en kuspaadjie.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Bad, Toilet
Leefarea
1 x Kindermatras vir 1
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- Duke-straat 14, Onrus, Hermanus, 7201, Wes-Kaap
- Kapasiteit: 3 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 20:00 - Adres: Duke-straat 14, Onrus, Hermanus, 7201, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang