SANParks Addo Spekboom Tented Camp
Beskrywing
Elke ten het 2 enkelbeddens met matrasse, 'n sonkraglig en 'n klein patio met 2 kampstoele en 'n tafel. Daar is ook braaigeriewe. Beddegoed en handdoeke word voorsien. Gaste deel die gebruik van die kamp se gemeenskaplike kombuis, storte en toilette.
Oorsig van kamer/eenheid
Tariewe
Meer foto's van kamer/eenheid
Kamergeriewe
Meer oor hierdie kamer
- •Nie rook
- •Patio
- •Privaat ingang
Badkamer
- •Stort
Prys sluit in
Selfsorg. Beddegoed en handdoeke word voorsien. Tarief sluit 'n 1%-gemeenskapsfooi in.
Huisreëls
Kontant word nie by die kamp aanvaar nie.
Neem asseblief kennis: 'n Identiteitsdokument, paspoort of alternatiewe geldige identiteitsbewys, soos 'n bestuurslisensie, word vereis vir alle besoekers van 18 jaar of ouer wat die park betree.
'n Standaardbewaringsfooi van R360 word daagliks gehef vir buitelandse besoekers, R180 vir SADC-lede met 'n geldige paspoort en R90 vir Suid-Afrikaners met 'n geldige paspoort wanneer besoekers die park betree.
Daar is geen elektrisieteit nie en die ligte in die kamp is sonkragaangedrewe.
Besoekers word versoek om asb. hul eie vuurmaakhout en flitsligte saam te bring.
Tente word slegs skoongemaak wanneer gaste vertrek.
Die kamp is omhein met eleketriese omheining.
Gaste moet by die Addo hoofkamp inklok teen 15:30. Die Spekboom Tented Camp is 12 km se ry vanaf Addo se hoofkamp.
Gaste moet binne die omheinde area van Spekboom Hide bly tussen sonsondergang en sonsopkoms en mag nie die res van die wildarea ingaan gedurende daardie tye nie.
Gaste wat by die Spekboom Tente bly, het nie toegang tot die restaurant in Addo se hoofkamp vir aandete, 'n skemerkelkie en nag- en sonsopkoms wildritte nie.
Neem asseblief kennis van die kantoor- en hekure:
Die hoofkamp se ontvangs is van 07:00 tot 19:00 daagliks oop.
Die hoofhek maak daagliks 07:00 oop en sluit 19:00.
Daar is 'n hoogte-beperking vir voertuie op Addo se toegangspad van 4,42 m.
Kansellasiebeleid - Pasgemaak
Besprekings wat minder as 45 dae voor of op die inklokdatum gekanselleer of afgegradeer word: kansellasiefooie word bereken op 'n glyskaal volgens die totale besprekingsbedrag en sal tussen 50% en 100% wissel.
- Kapasiteit: 10 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Addo Elephant Nasionale Park, Addo, 6105, Oos-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang