SANParks Bateleur Bushveld Camp
Beskrywing
Elke kothuis het 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die eerste kamer het lugversorging en 'n dubbelbed. Die tweede kamer het 'n waaier en 2 enkelbeddens. Die eerste badkamer het 'n stort, toilet en wasbak. Die tweede badkamer het 'n bad, toilet en wasbak. Verder het die kothuise TV's met beperkte plaaslike kanale, 'n onderdakstoep met 'n tafel en stoele, en 'n kombuisie met 'n mikrogolf, broodrooster, tweeplaatgasstoof, yskas-vrieskas, eetgerei en 'n wasbak.
Oorsig van kamer/eenheid
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Bad, Toilet
Tariewe
Meer foto's van kamer/eenheid
Dít is wat jy hier sal kry
Gewild
Buitelug
Kombuis & eetkamer
Parkeerplek & toegang
Temperatuurbeheer
Vermaak
Prys sluit in
Die tarief is vir selfsorg en sluit 'n gemeenskapsfooi van 1% in.
Huisreëls
Neem kennis: Vanaf 1 September 2017 sal 'n ID-dokument, paspoort of ander geldige ID-bewys soos 'n bestuurslisensie vereis word vir alle besoekers van 18 jaar of ouer wat die park betree.
'n Standaard-bewaringsfooi van R440 per dag vir buitelandse besoekers, R220 vir SADC-burgers met 'n geldige paspoort en R110 vir Suid-Afrikaanse burgers en inwoners met 'n ID, word vereis wanneer besoekers die park betree.
Slegs gaste wat vooraf bespreek het by kampe binne 10 km vanaf 'n ingangshek mag laat inklok en net onder die volgende omstandighede:
-Dit word onder geen omstandighede by die Giriyondo-, Pafuri-, Phabeni- of Phalaborwa-hek toegelaat nie.
-Onder geen omstandighede kan gaste na 21:00 inklok nie.
-'n Addisionele koste word per voertuig verhef: R710 vir voertuie met 8 passasiers of minder, R1490 vir voertuie met 9 passasiers of meer.
-Dit moet vooraf met die hek en kamp gereël wees
- Bewys van die noodgeval wat die inkloktyd vertraag het sal aangevra word.
Daar is 'n winkeltjie by ontvangs met basiese items soos hout, ys en Telkom-foonkaarte. Die winkeltjie verkoop egter geen voedselitems soos vleis nie.
Geen restaurant of OTM-geriewe is by Bataleur beskikbaar nie.
Al die verblyf, ablusie en kombuisgeriewe word daagliks deur personeel skoongemaak. Buiten 'n bank (oop van Maandae tot Vrydae, asook Saterdae-oggende) by Skukuza, en 'n OTM by Skukuza en Letaba, is daar geen geriewe in die park waar gaste kontant kan trek nie.
Dagbesoekers mag nie meer alkohol bring of gebruik in die openbare areas soos op die parkeerterrein, piekniekplekke, wildkykpunte, paaie of hekke nie. Hierdie beperkings geld nie vir oornaggaste nie aangesien oornagbesoekers wel hul eie alkohol mag saambring mits dit binne die bespreekte verblyf of by die restaurant verbruik word. Soos met dagbesoekers sal oornaggaste nie toegelaat word om in die openbare areas te drink nie.
Moet asb. nie kos laat rondlê nie aangesien daar bobbejane en apies in die kamp is.
Gaste sal slegs toegelaat word om laat te arriveer indien daar 'n noodgeval is, in welke geval 'n bewys van rede getoon moet word. 'n Laat aankomstyd van 21:00 is die laatste vir gaste wat vooraf bespreek het by sekere kampe binne 10 km van die betrokke hek af. 'n Laatinklokfooi sal dan gehef word en is by die hek betaalbaar. Laat aankomtye word nie toegelaat by die Pafuri-, Phalaborwa- en Phabeni-hek, of enige van die hekke van kampe wat meer as 10 km van die hoofhek af is nie.
Die vlieg van hommeltuie is streng verbode in die park.
Troeteldiere word nie in die Nasionale Park toegelaat nie.
Daar is beperkte lig buite, so gaste sal 'n koplampie benodig om snags buite te loop.
Rook is verbode in die eenhede.
Let op die hek-ure:
Ingangshekke oopmaaktye:
Okt. - Mrt.: 05:30
Apr. - Sept.: 06:00
Kamphekke se oopmaaktye:
Okt.: 05:30
Nov - Jan: 04:30
Feb - Mar: 05:30
Apr. - Sept.: 06:00
Kamphek toemaaktye:
Aug - Okt: 18:00
Nov - Feb: 18:30
Mar - Apr: 18:00
Mei - Jul: 17:30
Kansellasiebeleid - Pasgemaak
Besprekings wat minder as 45 dae voor of op die inklokdatum gekanselleer of afgegradeer word, sal tot gevolg hê dat kansellasiefooie op 'n glyskaal, volgens die totale besprekingsbedrag, tussen 50% en 100% toegepas word.
Beskrywing
Elke kothuis het 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die eerste kamer het lugversorging en 'n dubbelbed. Die tweede en derde kamer het elkeen 'n waaier en 2 enkelbeddens. Die eerste badkamer het 'n stort, toilet en wasbak. Die tweede badkamer het 'n bad, stort, toilet en wasbak. Verder het die kothuise TV's met beperkte plaaslike kanale, 'n onderdakstoep met 'n tafel en stoele, en 'n kombuisie met 'n mikrogolf, broodrooster, tweeplaatgasstoof, yskas-vrieskas, eetgerei en 'n wasbak.
Oorsig van kamer/eenheid
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Tariewe
Meer foto's van kamer/eenheid
Dít is wat jy hier sal kry
Gewild
Buitelug
Kombuis & eetkamer
Parkeerplek & toegang
Temperatuurbeheer
Vermaak
Prys sluit in
Die tarief is vir selfsorg en sluit 'n gemeenskapsfooi van 1% in.
Huisreëls
Neem kennis: Vanaf 1 September 2017 sal 'n ID-dokument, paspoort of ander geldige ID-bewys soos 'n bestuurslisensie vereis word vir alle besoekers van 18 jaar of ouer wat die park betree.
'n Standaard-bewaringsfooi van R440 per dag vir buitelandse besoekers, R220 vir SADC-burgers met 'n geldige paspoort en R110 vir Suid-Afrikaanse burgers en inwoners met 'n ID, word vereis wanneer besoekers die park betree.
Slegs gaste wat vooraf bespreek het by kampe binne 10 km vanaf 'n ingangshek mag laat inklok en net onder die volgende omstandighede:
-Dit word onder geen omstandighede by die Giriyondo-, Pafuri-, Phabeni- of Phalaborwa-hek toegelaat nie.
-Onder geen omstandighede kan gaste na 21:00 inklok nie.
-'n Addisionele koste word per voertuig verhef: R710 vir voertuie met 8 passasiers of minder, R1490 vir voertuie met 9 passasiers of meer.
-Dit moet vooraf met die hek en kamp gereël wees
- Bewys van die noodgeval wat die inkloktyd vertraag het sal aangevra word.
Daar is 'n winkeltjie by ontvangs met basiese items soos hout, ys en Telkom-foonkaarte. Die winkeltjie verkoop egter geen voedselitems soos vleis nie.
Geen restaurant of OTM-geriewe is by Bataleur beskikbaar nie.
Al die verblyf, ablusie en kombuisgeriewe word daagliks deur personeel skoongemaak. Buiten 'n bank (oop van Maandae tot Vrydae, asook Saterdae-oggende) by Skukuza, en 'n OTM by Skukuza en Letaba, is daar geen geriewe in die park waar gaste kontant kan trek nie.
Dagbesoekers mag nie meer alkohol bring of gebruik in die openbare areas soos op die parkeerterrein, piekniekplekke, wildkykpunte, paaie of hekke nie. Hierdie beperkings geld nie vir oornaggaste nie aangesien oornagbesoekers wel hul eie alkohol mag saambring mits dit binne die bespreekte verblyf of by die restaurant verbruik word. Soos met dagbesoekers sal oornaggaste nie toegelaat word om in die openbare areas te drink nie.
Moet asb. nie kos laat rondlê nie aangesien daar bobbejane en apies in die kamp is.
Gaste sal slegs toegelaat word om laat te arriveer indien daar 'n noodgeval is, in welke geval 'n bewys van rede getoon moet word. 'n Laat aankomstyd van 21:00 is die laatste vir gaste wat vooraf bespreek het by sekere kampe binne 10 km van die betrokke hek af. 'n Laatinklokfooi sal dan gehef word en is by die hek betaalbaar. Laat aankomtye word nie toegelaat by die Pafuri-, Phalaborwa- en Phabeni-hek, of enige van die hekke van kampe wat meer as 10 km van die hoofhek af is nie.
Die vlieg van hommeltuie is streng verbode in die park.
Troeteldiere word nie in die Nasionale Park toegelaat nie.
Daar is beperkte lig buite, so gaste sal 'n koplampie benodig om snags buite te loop.
Rook is verbode in die eenhede.
Let op die hek-ure:
Ingangshekke oopmaaktye:
Okt. - Mrt.: 05:30
Apr. - Sept.: 06:00
Kamphekke se oopmaaktye:
Okt.: 05:30
Nov - Jan: 04:30
Feb - Mar: 05:30
Apr. - Sept.: 06:00
Kamphek toemaaktye:
Aug - Okt: 18:00
Nov - Feb: 18:30
Mar - Apr: 18:00
Mei - Jul: 17:30
Kansellasiebeleid - Pasgemaak
Besprekings wat minder as 45 dae voor of op die inklokdatum gekanselleer of afgegradeer word, sal tot gevolg hê dat kansellasiefooie op 'n glyskaal, volgens die totale besprekingsbedrag, tussen 50% en 100% toegepas word.
- Kapasiteit: 34 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Bateleur Camp-weg, Nasionale Krugerwildtuin, 0826, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang