SANParks Bateleur Bushveld Camp
- Kapasiteit: 34 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Bateleur Camp-weg, Nasionale Krugerwildtuin, 0826, Limpopo
- Vanaf R2 853 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
SANParks Bateleur Bushveld Camp is in die wêreldbekende Krugerwildtuin. Dis 'n pragtige kampterrein aan die oewer van die Mashokwespruit, sowat 40 km suidwes van Shingwedzi in die noordelike mopaniegrasvelde van die wildtuin.
Die kamp is vernoem na die statige arend, die bateleur, en is een van die oudste en kleinste bosveldkampe met 'n unieke atmosfeer en baie geleenthede om diere te sien. Net buite Bateleur is 'n wildkykskuiling met 'n uitsig oor 'n watergat. Gaste wat by Bateleur bly het ook eksklusiewe toegang tot 2 damme daar naby, Silwervis en Rooibosrand.
Bateleur Bushveld Camp bied kothuise met selfsorgkombuise. Elke kothuis het 'n mikrogolf, beddegoed, handdoeke en seep, en word daagliks skoongemaak. Die kothuise het ook braaigeriewe, elektrisiteit en TV's met plaaslike kanale.
Daar is 'n winkeltjie by ontvangs met basiese items soos hout, ys en Telkom-foonkaarte. Die winkeltjie verkoop egter nie voedselitems soos vleis nie.
Van al die bosveldkampe in die Krugerwildtuin is Bateleur die beste toegerus. Dis ideaal vir gaste op soek na 'n luukse bosveldervaring.
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.4/5
LekkeSlaap
Internal ...
Eiendomme 100+
Resensies 1485
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Bateleur Camp-weg, Nasionale Krugerwildtuin, 0826, Limpopo
- Kapasiteit: 34 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Bateleur Camp-weg, Nasionale Krugerwildtuin, 0826, Limpopo