Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

SANParks Haak-en-Steek Rest Camp

Selfsorg
 1 Beskikbaar
 1 Beskikbaar
 1 Beskikbaar
 1 Beskikbaar
 1 Beskikbaar
 1 Beskikbaar
 1 Beskikbaar
 1 Beskikbaar
 1 Beskikbaar
 1 Beskikbaar
 1 Beskikbaar
 1 Beskikbaar
Bungalow BD4D
Vanaf
Vanaf R 1 818
per nag, vir 2 mense
  • Plek vir 4 mense
  • Alleenstaande Eenheid
  • Dubbelbed
  • Lees meer
Beskrywing

Dié aardse selfsorgkothuis bied slaapplek aan 4 gaste en het 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die tweede badkamer het 'n stort, toilet en wasbak. Die kothuis het nie elektrisiteit of lugversorging nie, maar wel sonkragligte en 'n gas-geyser. Die kombuis is toegerus met 'n gasstoof, oond, 'n yskas-vrieskas wat met gas werk, eetgerei, breekware, kookgerei en 'n wasbak. Verder is daar 'n eetkamerstel vir 4 en buite is 'n lapa met braaigeriewe en 'n piekniektafel.

Oorsig van kamer/eenheid
Slaapplek vir 4 mense 2 Slaapkamers 2 Badkamers

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Toilet

Tariewe
Meer foto's van kamer/eenheid
Dít is wat jy hier sal kry
Gewild
Volledige kombuis
Braai
Buitelug
Braai
Kombuis & eetkamer
Braai
Yskas
Volledige kombuis
Kombuisie
Oond
Stoof
Parkeerplek & toegang
Privaat ingang
Prys sluit in

Die tarief is vir selfsorg en sluit 'n 1% gemeenskapsfooi in.

Huisreëls

Neem kennis: Vanaf 1 September 2017 sal 'n ID-dokument, paspoort of ander geldige ID-bewys soos 'n bestuurslisensie vereis word vir alle besoekers van 18 jaar of ouer wat die park betree.
'n Standaard-bewaringsfooi van R208 per dag vir buitelandse besoekers, R104 vir SADC-burgers met 'n geldige paspoort en R52 vir Suid-Afrikaanse burgers en inwoners met 'n ID, word vereis wanneer besoekers die park betree.
Daar word 'n ekstra fooi per voertuig gehef: R710 vir voertuie met 8 of minder passasiers en R1,490 vir voertuie met 9 of meer passasiers
Daar is nie 'n vulstasie of winkel in die park nie. Die naaste vulstasie is by Modderrivier.
Daar is ook nie OTM-geriewe in die park nie.
Die kothuis by Haak-en-Steek het nie elektrisiteit nie. Die ligte werk met sonkrag en die warm water met 'n gas-geyser.

Hoofhek: Gaste moet eers by die ontvangs naaste aan die hek aanmeld om 'n permitnommer te kry voordat hulle na die park betree. Elke ontvangskantoor is 6 km van die hek af.
Die hoofhekke by Mokala word nie 24 uur per dag beman nie. Daag asb. betyds op om teleurstelling te voorkom.
Gaste wat by die Tree House, Motswedi-kampterrein en Haak-en-Steek bespreek het, moet ten minste 1 uur voor die hektoemaaktyd inklok om voorsiening te maak vir die reistyd na die onderskeie kampe. Besoekers word nie toegelaat om in die park rond te ry buite die hektye nie. Gaste sal met aankoms van die interne kamphektye vergewis word aangesien dit wissel afhangend van die seisoen.

Van die paaie in die park is nie geskik vir sedanvoertuie nadat dit gereën het nie. Kontak asb. die park vir die nuutste inligting rakende die toestand van interne, sowel as eksterne paaie.
Let asb.: In die reënseisoen word sommige van die interne paaie vir veiligheid gesluit. Dit beïnvloed die pad vanaf Mosu Lodge na Lilydale Ruskamp. Gaste sal in so 'n geval die alternatiewe ompadroete via die N12 moet neem om die onderskeie kampe te bereik.

Die vlieg van hommeltuie is streng verbode in die park.
Rook is verbode in die eenhede.
Wilde diere wat gevoer word, raak aggressief en moet van kant gemaak word. Dus is die voer van diere streng verbode.
Daar is beperkte lig buite, so gaste sal 'n koplampie benodig om snags buite te loop.
Troeteldiere word nie in 'n Nasionale Park toegelaat nie.

Kansellasiebeleid - Pasgemaak

Kansellasies of afgegradeerde besprekings minder as 45 dae voor die inklokdatum: 'n kansellasiefooi gelykstaande aan 'n glyskaal wat op die totale besprekingsbedrag gebaseer is en tussen 50% en 100% wissel, word gehef.

Vanaf
Vanaf R 1 818
per nag, vir 2 mense
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Naby die N12, Mokala Nasionale Park, 8301, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAi31L9uzZDToIgAsgx7jwQbDEwXqKMBruBSrUCEBXUSEZFMKEJV?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 818 per nag, vir 2 mense 1 5 1 4 Off the N12 Mokala National Park 8301 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -29.151783 24.3092

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang