SANParks Storms River Mouth Camping Sites
- Kapasiteit: 546 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Stormsrivier-afdeling, Tuinroete Nasionale Park, Tsitsikamma, 6308, Oos-Kaap
- Vanaf R480 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
SANParks Storms River Mouth Camping Sites skuil in Tsitsikamma, die "plek van baie water", in die Tuinroete Nasionale Park. Hier breek die Indiese Oseaan se branders heel dag teen die rotsagtige kuslyn en oeroue riviere kalwe paadjies na die see al langs steil, klipperige ravyne.
Die hartjie van die park strek sowat 5 km na die see en is 'n beskermgebied vir spesies wat leef en beef in die park se tussengety-gebied, op die seeriwwe en in die oseaan. Dolfyne baljaar graag in die branders en die rustige reus van die oseaan, die suidelike noordkaper, kom lê besoek af tydens die paarseisoen. Die swarttobie, 'n rooidata-spesie, is een van Suid-Afrika se mees bedreigde voëlspesies en verskeie broeipare se neste is langs die park se rotsagtige kuslyn te sien. Die pragtige Knysnaloeries met hulle growwe geroep is ook gereeld in die woud te sien. Die Kaapse groototter is skaam en ontwykend en jag graag krappe langs die park se kus. Die blouduiker en bosbok is selde te sien, maar kan soms rondom die kampvuur gewaar word.
Tsitsikamma het 2 ruskampe, elk met hul eie bekoring: Storms River Mouth Rest Camp en De Vasselot Rest Camp in Nature's Valley. Die Storms River Mouth Rest Camp is 615 km vanaf Kaapstad, 195 km vanaf Gqeberha (Port Elizabeth) en 68 km vanaf Plettenbergbaai.
Kom geniet pragtige see-landskappe wat met die digbegroeide inheemse woude kontrasteer, volg 'n stap- of voetslaanroete, loop oor die hangbrug of onderneem 'n bootvaart - alles met die Storms River Mouth Rest Camp as beginpunt.
Kies uit 100 kampeerplekke, almal 'n paar tree vanaf die see en voorsien van elektrisiteit, gemeenskaplike ablusiegeriewe en wasgoedgeriewe.
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.4/5
LekkeSlaap
Internal ...
Eiendomme 100+
Resensies 1403
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Stormsrivier-afdeling, Tuinroete Nasionale Park, Tsitsikamma, 6308, Oos-Kaap
- Gaste dink SANParks Storms River Mouth Camping Sites het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Stormsrivier Tuinroete Oos-Kaap
- Kapasiteit: 546 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Stormsrivier-afdeling, Tuinroete Nasionale Park, Tsitsikamma, 6308, Oos-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang