Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

SANParks Storms River Mouth Camping Sites

Kampeer/karavaan
  • Kapasiteit: 546 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Stormsrivier-afdeling, Tuinroete Nasionale Park, Tsitsikamma, 6308, Oos-Kaap
  • Vanaf R480 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

SANParks Storms River Mouth Camping Sites skuil in Tsitsikamma, die "plek van baie water", in die Tuinroete Nasionale Park. Hier breek die Indiese Oseaan se branders heel dag teen die rotsagtige kuslyn en oeroue riviere kalwe paadjies na die see al langs steil, klipperige ravyne.

Die hartjie van die park strek sowat 5 km na die see en is 'n beskermgebied vir spesies wat leef en beef in die park se tussengety-gebied, op die seeriwwe en in die oseaan. Dolfyne baljaar graag in die branders en die rustige reus van die oseaan, die suidelike noordkaper, kom lê besoek af tydens die paarseisoen. Die swarttobie, 'n rooidata-spesie, is een van Suid-Afrika se mees bedreigde voëlspesies en verskeie broeipare se neste is langs die park se rotsagtige kuslyn te sien. Die pragtige Knysnaloeries met hulle growwe geroep is ook gereeld in die woud te sien. Die Kaapse groototter is skaam en ontwykend en jag graag krappe langs die park se kus. Die blouduiker en bosbok is selde te sien, maar kan soms rondom die kampvuur gewaar word.

Tsitsikamma het 2 ruskampe, elk met hul eie bekoring: Storms River Mouth Rest Camp en De Vasselot Rest Camp in Nature's Valley. Die Storms River Mouth Rest Camp is 615 km vanaf Kaapstad, 195 km vanaf Gqeberha (Port Elizabeth) en 68 km vanaf Plettenbergbaai.

Kom geniet pragtige see-landskappe wat met die digbegroeide inheemse woude kontrasteer, volg 'n stap- of voetslaanroete, loop oor die hangbrug of onderneem 'n bootvaart - alles met die Storms River Mouth Rest Camp as beginpunt.

Kies uit 100 kampeerplekke, almal 'n paar tree vanaf die see en voorsien van elektrisiteit, gemeenskaplike ablusiegeriewe en wasgoedgeriewe.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Restaurant op Perseel

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 14 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.4
Veiligheid
4.7
Wat gaste dink
Anneke S
Saam met lewensmaat
5.0
Verskeidenheid aktiwiteite om te doen. Veilige plek. Almal vriendelik met mekaar. Beveel plek beslis aan. Sal beslis weer daar kuier.
Mrt 2023
Karline K
Saam met lewensmaat
5.0
Rustig en skoon. Skoon badkamers, rustige atmosfeer, vriendelike personeel, goed uitgemerkte kampplekke!
Mrt 2023
Adel V
5.0
Fantasties, rustige omgewing met pragtige staproetes en natuurskoon. Skoon ablusieblokke, netjiese terrein.
Jan 2023
Hein F
5.0
Excellent and safe. Best campsite, beautiful, safe, friendly staff.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jan 2023
Vanessa B
Saam met lewensmaat
4.8
Asemrowende uitsig en lekker staproetes. Die verblyf was baie lekker. Kragpunt was beskikbaar. Ambulans was skoon en netjies.
Jul 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.4/5

Thandeka Geverifieer

Eiendomme 100+

Resensies 1303

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Stormsrivier-afdeling, Tuinroete Nasionale Park, Tsitsikamma, 6308, Oos-Kaap
  • Gaste dink SANParks Storms River Mouth Camping Sites het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R480
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R480
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 546 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Stormsrivier-afdeling, Tuinroete Nasionale Park, Tsitsikamma, 6308, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAACaeIKxDlfITDafl3vYdOvNxOxmsm3tB51S7AF89TmTiHOs6yCa?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R480 per nag, vir 2 mense 14 5 1 5 Storms River Section Garden Route National Park 6308 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -34.022751228797 23.887273470964

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang