Santana 107
Kliek op enige tarief om 'n meer volledige prysberekening te sien.
Ekstra Fooie
Buiten die tariewe in die bostaande tabel hef die eiendom ook 'n eenmalige R450 administrasiefooi per bespreking.
Prys sluit in
- Selfsorg
Breekskadedeposito
'n Terugbetaalbare breekskadedeposito van R1000 moet direk aan die eiendom betaal word.
Huisreëls
- Let asseblief daarop dat 'n administrasiefooi by die kwotasie ingesluit is.
- Die terugbetaalbare breekskadedeposito is 2 weke voor aankoms betaalbaar en is nie by die tarief ingesluit nie.
- Die besprekingsooreekoms wat aan die kliënte gestuur sal word nadat die deposito betaal is, moet ingevul en teruggestur word voor aankoms. Sleutels sal nie oorhandig word sonder dat die nodige dokumentasie aan die bestuurder verskaf is nie.
- Die breekskadedeposito sal binne 14 werksdae na die uitklokdatum terugbetaal word, minus enige aftrekkings vir breekskade.
- Sou die eiendom opsetlik, of perongeluk, beskadig word, stem jy in om vir enige vermelde skade te betaal indien dit die bedrag van die breekskadedeposito oorskry.
- Sou jy by die perseel aankom en opmerk dat daar skade is, is die onus op jou om ons onmiddellik daarvan in kennis te stel.
- Die breekskadedeposito sal in bewaring gehou word en aan die rekeninghouer wat deur jou genomineer word, uitbetaal word.
- Onthou asb. om jou rekeningbesonderhede aan die bestuurder te e-pos.
- Maak asb. seker dat die uitstaande balans in die bestuurder se bankrekening reflekteer 7 dae voor die inklokdatum.
- Moet asb. nie die maksimum hoeveelheid gaste wat in die eenheid toegelaat word, oorskry nie. Indien gaste versuim om aan hierdie versoek te voldoen, sal uitsetting plaasvind sonder terugbetaling en sonder 'n kennisgewingsperiode.
- Indien gaste 'n skoonmaakdiens nodig het moet dit voor aankoms gereël word. Dis op versoek en teen 'n ekstra koste beskikbaar indien 'n skoonmaker beskikbaar is.
- Skoonmaakdienste is nie op Sondae en openbare vakansiedae beskikbaar nie.
- Just Property kan nie aanspreeklik gehou word vir enige verlies of ongerief aan ons huurders weens enige dade buite ons beheer nie. In die geval dat enige toestel buite werking is, sal ons nie verantwoordelik gehou kan word vir die vervanging daarvan nie.
Gaste moet hul eie swem- en badhanddoeke saambring. Skoonmaakmiddels en toiletpapier moet ook saamgebring word.
Kansellasiebeleid - Pasgemaak
In sekere gevalle wanneer 'n deposito betaal is en die kliënt wil kanselleer, sal daar 'n nie-terugbetaalbare kansellasiefooi van R500 op alle kansellasies gehef word. Hierdie R500 is bo en behalwe die persentasie wat reeds as die kansellasiefooi gemeld is.
Meer as 1 maand voor inklok, 50% deposito terugbetaalbaar.
Meer as 2 weke voor inklok, 25% deposito terugbetaalbaar.
Minder as 2 weke voor inklok, 0% deposito terugbetaalbaar.
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Duke-straat, Margate Noord, 4285, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang