Savanna Guest Farm
- Kapasiteit: 25 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs die B1, Neu-Noachabeb 409, Grunau, 0000, Karas
- Vanaf R800 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Savanna Guest Farm is 'n aktiewe plaas van 22,000 ha met ongerepte natuurskoon. Ons bied 'n rustige wegbreek en ideale oorslaapplek vir gaste onderweg vanaf Johannesburg en Kaapstad na Windhoek. Die B1-pad waarlangs die plaas geleë is, dien as poort tot die sentrale, noordelike en kusgebiede van Namibië.
Die hoofhuis is deur Duitse Schutztruppe in die vroeë 1900's gebou en is tans die woning van die von Schauroth-familie. Die plaas is ryk aan kultuur en geskiedenis en is 'n tradisionele Namibiese skaapplaas wat ware Namibiese gasvryheid, plaaslike disse en goeie wyn bied.
Die verblyf word deur die eienaar bestuur en bied 'n rustige wegbreek in 'n veilige omgewing met al die nodige geriewe sodat jy nie alles hoef af te pak nie. Dis 'n uitstekende geleentheid vir buitelanders om 'n tipiese Namibiese plaas te ervaar en die vriendelike Namibiese mense te ontmoet.
Die gasteplaas het 'n stylvolle, elegante, koloniale styl wat outydse en moderne elemente kombineer. Ons gesinsuites is ruim en vir selfsorg toegerus. Elke eenheid het lugversorging, plafonwaaiers en 'n en suite-badkamer met 'n stort en toilet. 2 dubbelkamers is ook beskikbaar en al die kamers het koffie- en teemaakgeriewe.
Die geur van vars koffie en spek sal jou soggens begroet wanneer jy by ons stewige ontbyt kom aansit. Dit word deur ons vriendelike personeel voorgesit sodat jy jou dag behoorlik kan afskop. Ons bied ook 'n gelisensieerde kroeg en uitstekende wyn.
Aandete is beskikbaar indien vooraf gereël. Kom geniet ons plaaslike disse, veral lamsvleis van die plaas en net die beste kalfsvleis-snitte. 'n Romantiese kerslig-aandete word deur ons plaaskombuis voorberei. Sodoende kan jy jou dag met goeie kos, goeie geselskap en 'n glasie goeie wyn afsluit. Net die beste plaaslike, organiese bestanddele word vir ons disse aangewend.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Erich Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 57
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Langs die B1, Neu-Noachabeb 409, Grunau, 0000, Karas
- Gaste dink Savanna Guest Farm het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 25 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs die B1, Neu-Noachabeb 409, Grunau, 0000, Karas
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang