Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Sea & Mountain Apartment Living

Selfsorg
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Carisbrook-weg 4, Muizenberg, 7945, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 266 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Sea & Mountain Apartment Living is 'n lieflike selfsorgwoonstel net 'n hanetreetjie van St James Beach en die gewilde en lewendige Surfers Corner af geleë. Dit is 'n wonderlike opsie vir 'n kuswegbreek in die suidelike voorstede van die Moederstad.

Dié woonstel bied gerieflike slaapplek vir altesaam 4 gaste op 'n slag en beskik oor 2 slaapkamers en 'n badkamer. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. 'n Stort-oor-bad, wasbak en toilet is in die badkamer beskikbaar. Kwaliteit linne en badhanddoeke word voorsien; gaste moet egter hul eie strandhanddoeke saambring.

Die leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe. 'n Wasmasjien is ook beskikbaar. Hierdie spasie het ook 'n werkende lessenaar en 'n leeshoekie. Die sitkamer het gemaklike sitplek en 'n TV. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.

Buite is 'n oulike balkon met lieflike see-uitsigte en 'n wonderlike plek vir 'n oggendkoffie voor die dag begin. Die ligging van hierdie eiendom is ook 'n kort entjie se ry vanaf Kalkbaai.

Kamer-opset

Kapasiteit: 4 Aantal kamers: 2 Aantal badkamers: 1
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer

Stort-oor-bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Waaier

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Tv

Ligging

  • Carisbrook-weg 4, Muizenberg, 7945, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 266
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R1 266
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Carisbrook-weg 4, Muizenberg, 7945, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA5a948c6a268379f87c23b332f7b1046f68c577d3e06c464208919e6f048702c1beccb8d67d580b8ef99f72ac4fbadffea9ec?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 266 per nag (plek vir 4) 4 Carisbrook Road Muizenberg 7945 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-18:00 10:00 -34.115837573118 18.462149475533

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang